Ann Tinkham's Stories I Can't Show My Mother was nice, easy reading, often with a twist at the end.
She understands sexuality, she understands life. Some are sensual, some are more mystical, some are slightly weird but all in all a fascinating read!
The writing is flayful and fun, without being funny.
Internet dating is a thing in my age group. Being sixty-plus myself, a lot of my friends are either divorced or widowed, so this looked like it might be a fun read, because I would be able to associate. One of my friends actually wrote a book on the same subject recently.
Firstly, I did enjoy reading about all the different dates she went on, because I could associate with everything. However, I did not really find it a fun or quirky read, but rather a book about someone who is constantly more aware about appearance than about two souls looking for friendship and more. Putting herself down constantly, became tiring to read, the writer really sounds like she is so much more than that. This read more like a rom-com for a thirty-year-old who does not know herself yet.
What I did appreciate, was the way she described the situations she got herself into and the suurroundings, she managed to put me right in the middle of the situation, every time. And I am surrely glad about the ending.
If there was an option for 2.5 stars, that would be my choice.
Thank you #Netgalley
Seb doen sy werk as lykbesorger by White Lily Funerals sonder om te veel te dink. Op ‘n dag ontmoet hy die toweragtige seuntjie, Gawie. Hy is sterwend en wil graag sien wat met hom gaan gebeur na sy dood. ‘n Reeks gebeure val dan skielik vir Seb soos ‘n legkaart inmekaar, as hy besef dat daar veel meer aan die lewe en aan verhoudings is as wat hy die afgelope jare ervaar het. Het sy werk hom noodwendig emosioneel bietjie afgestomp?
Hy besef mettertyd hoe kragtig mens se gedagtes is en hoe dit jou lewe kan beïnvloed. Hy kom voor 'n dilemma te staan – Waarvoor wens ‘n mens as jy net één wens het wat moontlik waar kan word? Hy dink na oor prioriteite, oor sy verhouding met sy vrou en twee tienerkinders. Gaan alles uitmekaarval?
Seb staan heel apaties teenoor die grieselrighede van werklike lyke waarmee hy werk en hoe hy dit voorberei om die so natuurlik/lewendig vir die naasbestaandes te laat lyk. ‘n Kykie in die werklikheid van die dood wat dalk moeilik sal wees om te lees vir iemand wat onlangs ‘n geliefde verloor het, maar ook op ‘n manier die dood vir die leser as ‘n natuurlike proses voorstel.
‘n Baie stewige vier sterre! Lees dit gerus, die taalgebruik is uitstekend en dit het hierdie leser meegevoer. Regtig ‘n vars storielyn.
Distopiese verhale, fantasie en wetenskapsfiksie is definitief nie my normale genre nie, maar Harry Kalmer se In ‘n land sonder voëls, het heeltemal ‘n ander snaar in my geraak. Die idee dat dit waar sou kon wees. Dit is nogal iets in fiksie wat met my resioneer, as iets waar sou kon wees.
Die wêreld wat Harry Kalmer beskryf, is een waar die beheer van die land aan 'n korporasie oorgedra word, wat dan die land bestuur met 'n kombinasie van Skandinawiese sosialisme, Indiese inligtingstelsels en Koreaanse bestuurspraktyke. Elke vyf jaar word daar gestem. Die korporasie wat die vorige termyn die land bestuur het, kom dan by die stembus teen twee of drie ander aanspraakmakers te staan. Die meeste mense het die ekonokrasie verwelkom. Teoreties klink dit ook goed, totdat jy daardie Koreaanse bestuurspraktyke sien uitgevoer word in wat as fiksie opgedis word, maar vir die leser ‘n werklikheid word.
Die boek herinner op ‘n manier aan Lien Botha se Wonderboom.
Hierdie boek het my emosioneel dieselfde affekteer as The Handmaid's Tale, alhoewel ek voor my siel weet dit is ‘n distopiese realiteit, is dit asof dit bloot iets in ons toekoms is wat moontlik is. Ons wêreld is so chaoties op die oomblik, met magtige lande wat deur narre regeer word wat die wêreld as ‘n spel sien waar die poppemeester die toutjies op Twitter trek, dat ‘n land sonder voëls na die realiteit begin klink. Woorde soos “Nanny state” was voorheen nie gebruik nie, nou lees jy daarvan in fiksie. Is dit dan so vergesog?
Kalmer se besinnings oor die aftakeling van die menslike liggaam, van oud word en die dood, was ‘n hou op die maag. “Hier op my oudag het ek skielik die begeerte om dinge te deel. Al sê die mense ook dis nie so nie. Ek is 'n ou man. Dalk kan ek my ouderdom herwin, my waardigheid, deur ons storie te vertel. Deur die ou mens te word wat ek uiteindelik wil wees, wat steeds aan die oue vasklou.”
Die boek het my omgekrap, dit het my ontsenu. Ek het vir twee aande nagmerries gekry oor vreemde wêrelde, waar ek myself wakker geskree het. Juis daarom was die boek vir my uiters geslaag.
Die laaste stuk van die boek was vir my bietjie stomp, asof in pas met die skrywer se lewe, wat gesterf het kort na die publisering van die boek.
Na die Chaos het die Wending gekom. En Adam se sesde lewe het begin. Hy het gesê: “Maar nou leer ek 'n nuwe taal. Die taal van onthou.”
Hierdie is ‘n boek om te onthou.
Vreemde boek. Dit was heeltyd asof ek deur newels kyk na die lewe, waarvan ek liewer niks wil weet nie.
Hierdie was nie my boek van die jaar nie.
My twee groot probleme is die gedrag en taalgebruik van die karakter wat nie vir my strook met die tydsgees, of met haar bywonerstatus nie. Die skrywer skryf pragtige prosa, maar totaal uit pas met Susan Nell as verkragte bywonersdogter, in onmenslike toestande in ‘n konsentrasiekamp. Ek mis die stem van die verkragte vrou. Dit was blykbaar ‘n grootse werk, maar ek kon myself nie verloor in die storie en karakters soos bv met Buys nie. Ek sou meer gestroopte taalgebruik wou sien vir die boek, maar wie is ek nou om ‘n groot skrywer se werk te kritiseer?
Nog iets wat my baie gepla het, is hoe verskillend ek die oumense wat vir my as kind en jong volwassene stories vertel het oor hoe hulle die konsentrasiekampe beleef het, se vertellings ervaar het vergeleke met die boek. Dis asof die verskrikking van die lewe in konsentrasiekampe totaal onderspeel is, met meisies wat vrolik tussen die tente deurloop, en die denke van ‘n bywonersdogter wat min blootstelling aan die lewe gehad het, was net glad nie vir my in pas met die taalgebruik nie. Verder was sy as jong meisie van 18 uitgebeeld. Agtien was daardie tyd oujongnooiens, of getroud met drie kinders.
Aanvanklik het ek twee sterre gegee omdat ek dit nie kon klaar lees nie, daarna het ek die skrywer belowe ek sal weer lees en heroorweeg. Nee. Die lewe is te kort. Ek het dit regtig ‘n kans gegee, maar ek is te dom om te sien waarom die boek as briljant beskryf word. Ek kon in hierdie tyd twee ander boeke gelees en verstaan het. Sorry, I tried.
Sci-fi is not a genre I normally read, but I thoroughly enjoyed this one.
Set 1400 years in the future, the technology described in Sleeper, Awake, is totally convincing. This future does somehow not sound far fetched.
I loved the novel way the writer used terms, such as “hand on” when someone dies. The writer is obviously a very wise and spiritual being, it is quite clear in how the whole concept of death and dying is handled. The circle of life as a theme is explored in a very creative way.
I loved the ending!
Well done, Rob Rich!
‘n Lekker vakansielees of iets vir ‘n lui Sondag, as jy hou van iets ligs, maar lekker. Wat ek waardeer het van die boek, is dat dit afspeel in ons omgewing, op plekke wat ek goed ken en waar ek eet. Dis duidelik dat die skrywer die restaurantbedryf as milieu waarin die verhaal afspeel, verstaan.
Ek kon nie agterkom of dit chic-lit of ‘n romanse wil wees nie, want die mooi/ryk/sterk/slim/bedonnerde romantiese held en die wederstewige, hardegat heldin was net té voorspelbaar.
This is quite a comprehensivve guide on the use of cannabis for seniors. As a senior myself, that recently devevoped a interest in using it for various reasons, Ive read quite a lot on the subject, but still found info in this book that I haven't read before..
This book provided a good balance between technical details and accessibility/readability. It included scientific research, it addressed the social aspects and myths about the subject..
It deals in great detail with the major conditions that cannabis can be used for, including the various methods of consuming and the pro's and cons of using cannabis. .
Not so great is a lack of stucture, as if all information wat just gathered and presented, but generally it was a good introduction to therapeutic and medicinal cannabis use.
An Impossible Attraction is the first in the Cavallo Brothers series. Being in the romance genre, it is assumed that there will be a man and a woman who meets, who have some obstacles in their relationship, overcome the obstacles and the book ends with man and woman who get together.
The writer is a master of her genre, she manages perfectly to keep the attention and the reader can feel the sexual tension between Zoe and Dale throughout the book.
What I really liked is that the setting of the novel is in South Africa, my home country, and I loved to read of familiar places.
Knowing that this is only the first in the series, I got the uneasy feeling that they might not be able to sort out their differences before the ending of the book, but it ends like a fairytale with a wedding on the beach. Or does it?
Readers will just have to buy the next book, An Irresistible Temptation to find out...
Thank you #Netgalley for the opportunity to read it.
Vir die eerste helfte van die boek sou ek 4 sterre gee, maar daarna 2, wat dit dan ‘n louerige 3 maak.
Wat het die skrywer regtig probeer doen met Simon? Wat is die storie met die oog? En Lea se karakter het met meer vrae as antwoorde geëindig.
Wat krediet verdien is die vars taalgebruik, die konsep van fermata dot com. Daar was lekker draai, baie ironie, maar vir my te veel blote onverstaanbare situasies.
Die Engel en die Bont Bees van Johnita le Roux is ‘n literêre skat, so gladgespoel en verborge in die wêreld van Afrikaanse letterkunde soos die edelstene in die spoelgate van die Oranjerivier onderkant die Augrabies, wat so ‘n groot rol speel in hierdie boek.
Dit vertel ‘n verhaal van die joernalis, hoe Susara se lewe met dié van Magrieta Malgas vervleg en dit word 'n reis waar jy meegesleur word, jy vaar saam deur die koel dieptes van die rivier, jy voel hoe stormwater opbou en dan is daar weer ‘n onveragte kabbeling.
Soos die suurdeegplantjie wat aangegee is oor geslagte heen, rys die rivier ook oor sy walle en is daar ook die doeksagte velsakkie met kosbare stene. Dit volg geslagte van ontheemdes, maar deur alles loop ‘n draad van hoop dat die engel sal opdaag, net soos die een wat die skillerbont beeste gestuur het om die ontvoerde Klein-Lit los te koop.
Vloeke teer op vernielde mense. Wanneer jy stukkend is, ruik die aasdiere jou bloed.
Ons leer dat om kreupel te wees baie vorme kan aanneem, maar daar is altyd die moontlikheid om jou koggelaar vanuit jou eie krukke te bespring. Die ou wrokke en skuldgevoelens deur al die familielyne, het my verbyster. Ook daar kom dan ‘n engel tot redding, al is dit in die vorm van ‘n bietjie koestering van ‘n man se kop in die benerige skoot van die vrou wat hy ironies genoeg, gered het.
Die impak van hebsug deur die eeue word gestel teenoor die waarde wat inheemse bevolkingsgroepe soos Magrieta Malgas en oom Nanu Karse se voorvaders aan aardse voorwerpe soos die diamante geheg het, wat ‘n mens laat nadink oor jou eie waardes, gesien teen ‘n geskiedkundige agtergrond.
Die taalgebruik is verbeeldingryk en verrykend, die navorsing uitstekend. Die skrywer gebruik ‘n eiesoortige Afrikaans uit monde van die Trans-Gariep karakters, op ‘n baie toeganklike manier. Dit is ‘n moeilike lees, niks word vir jou met ‘n teelepel ingegee nie. Die verhaal daag jou uit. Die halwe ster wat ek sou aftrek om dit vier en ‘n half te maak, is omdat dit soms onsamehangend lees, veral vir die leser wat nog nie vertroud is met die verhaal nie. Omdat dit ‘n herlees verg, gee ek vyf. Hierdie is ‘n boek wat meer aandag verdien as wat dit gekry het.
Om ‘n memoire te beoordeel, voel vir my arrogant, asof dit ‘n waardeoordeel sou wees. Hierdie is ‘n rou, eerlike skrywe oor verhoudings, internet dating en selfondersoek. Dit word as skreeusnaaks bemark, maar dit het vir my eerder ‘n hartseer ondertoon.
Baie mense beleef dat sekere temas in hulle lewens herhaal word. Mense wat van buite kyk, kan meestal glad nie verstaan waarom mense optree soos wat hulle doen nie. Erla slaag uitstekend daarin om vroeg in die boek al die gedragspatrone te herken, wat die temas van haar lewe vorm.
Dit is vir my duidelik uit my eie lewe en ook uit die waarneming van ander mense wat ek goed ken, dat elke mens een of twee duidelike temas op hulle lewenspad het waarmee hulle herhaaldelik gekonfronteer word. Hierdie tema kan op enige manier manifesteer, jy kan dit ervaar in jou lewe, op enige manier. As jou tema bv armoede is, kan jy leer om armoede te aanvaar of jy kan armoede oorkom, maar jy verwerk armoede op een of ander manier op jou lewenspad. So het Erla haar temas herken en oopgeskryf. Haar vrees vir verwerping, haar behoefte aan erkenning en dan natuurlik die doodnatuurlike vrees vir oudword. So kom mens herhaaldelik te staan in situasies wat vir ander nie sin maak nie, en Erla se lewe is geen uitsondering nie!
Nou verband hiermee is keuses. Keuses is nooit maklik nie, en dit hou verband met jou lewenstemas. Die situasies waarin Erla haar dikwels bevind het met die internet dating, sal menige vrou van vrees laat bewe, of dalk groen van jaloesie laat word! Tóg begewe sy haarself oop-oë daarin, máák sy daardie keuses waarin sy haar in vreemde situasies bevind wat my dappere broek laat bewe het, al besef sy die gevare terwyl sy dit doen. En dis nie van bewustelike dapperheid nie, inteendeel. Die behoefte om deur die erkening van ‘n man te leef, is dwarsdeur die boek gevleg. Sy skryf egter met eerlikheid daaroor en spaar haarself geensins. Soos ons almal dowwe kolle het, skryf sy dapper oor haar eie bitterheid en selfs oor ‘n insident waar sy wreed opgetree het.
Wanneer daar twee duidelike temas in jou lewe is, en jy neem in ag hoe die keuses wat jou lewe se rigting verander het, verskillende maniere gebied het hoe hierdie temas kon manifesteer, word dit nogal ingewikkeld om insig te hê in daardie temas, of jy dit moet oorkom en of jy dit moet leer aanvaar. Erla het nooit ‘n tekort aan insig in haarself gehad nie, sy het dalk net nie in haarself geglo nie, ten spyte van haar geduldige vriend Gary wat haar oor en oor verseker het dat sy eintlik oukei is. Want sy is ‘n sterk vrou en meer as oukei.
Natuurlik is dit makliker om van buite te kyk na ander se lewenspaaie en temas en eers met nabetragting kan ons ons eie bepaal. Dit verg geweldige selfinsig om werklik te besef wat hierdie temas is en hoe dit ons lewens beïnvloed, omdat dit so verwikkeld is, afhangend van die keuses wat ons maak wat die rigting van ons lewens verander. Hierin slaag Erla uitstekend, so vir hierdie leser was die boek op verskillende vlakke geslaag. Die mate waarin sy haar groei en selfinsig uiteindelik gebruik om weer dinge vir haarself te doen, weer te droom en rus te vind – alles beskryf in die allermooiste taalgebruik, is prysenswaardig. Die boek is pragtig versorg, eers aan die skrywer en uitgewer.
Vergeleke met haar vorige boeke, is hierdie een ewe rou, ewe eerlik, maar ryper en meer beleë. ‘n Sagte ryp Brie; pleks van harde, geennaam-cheddar.
Die dood van haar pa ruk haar om selfondersoek te doen, en te besef dat sy eintlik al vir baie jare nie meer op hom gesteun het vir hulp en raad nie, dit was maar net gerusstellend dat hy wel daar was, al het sy baie moeilike besluite moes neem en self verantwoordelikheid aanvaar vir haar lewe. Sy kon weer begin teken en musiek maak.
Wie moet die boek lees? Ongeveer almal. As jy rowwe, onbeskofte seks verwag, wees gerus, die boek is baie mak! Dit het veel meer diepte as wat seksbelustiges sou verwag, tog lees dit lig en lekker ook.
Die boek word pragtig en toepaslik afgesluit met ‘n aanhaling van Elisabeth Eybers:
‘En deur die jare het sy self die slotvan die verhaal geword: haar stilte en kragwas skoner as die ding waarop sy wag'
As jy hou van liefdesromans wat afspeel teen ‘n geskiedkundige agtergrond, is hierdie boek reg vir jou.
Halfpad deur die boek het ek gedink as jy nou jou maag uit jou lyf geruk wil hê met ‘n kaal hand, dan lees jy hierdie boek. Ek het dit toevallig gelees dieselfde week wat Deon Wiggett se storie breek en oor hoe hy en ander deur Willem Breytenbach misbruik en verkrag is. Daar is soveel parallelle, ‘n gerespekteerde hoë-profiel persoon, wat oënskynlik hulle slagoffers se welsyn op die hart dra. Die letsels wat hulle laat, wat vir jare onder die letsel verberg bly en dan op ‘n dag uitbars.
Dit is ‘n onthutsende verhaal oor die skending van onskuld, die toesmeer van dinge en ook die aandeel van elkeen wat kies om te swyg daaroor.
Is elkeen van ons op hierdie aarde dan sowel onskuldig as skuldig?
Christine Barkhuizen-le Roux hanteer hierdie uiters sensitiewe onderwerp met die hand van ‘n meester. Haar navorsing is uitstekend en sy dra groot sorg dat die sielkundige letsels op slagoffers en ook hulle naastes, deeglik uitgewys word, sonder dat dit ‘n tranetrekker word. Die karakters ken jy, dis mense om jou, soos wat die statistieke ook uitwys. Mense wat tegelykertyd goed is, maar hulle donkertes alleen dra, al smeer die gevolge ook aan hulle naastes af. Jy leer hoe verpletterend die liefde van lewensmaats kan wees, hoe selfbeskerming mense kan laat optree op ‘n manier wat jy nooit sou kon raai nie. Wat beteken dit om ‘n goeie man te wees? Is goed altyd goed, en sleg altyd sleg?
Oor die rol van die kerk sou mens baie kon sê in ‘n tyd wat die smerighede van die Rooms-Katolieke priesters se gelol met kinders aan die lig kom. Hoe die kerk ook, net soos die gemeenskap swyg en toesmeer.
Een tema wat ek dalk duideliker ontgin sou wou sien, net ter volledigheid – Kan goeie en slegte dade op ‘n weegskaal geplaas word, en wie bepaal die gewig? Dit is een vraag wat konstant in my kop was met die lees van die boek.
Jou maag bly konstant hol, jy weet wat gebeur het, maar hoe? Hoekom?
Padmaker was vir my tot dusver Christine Barkhuizen-le Roux se beste boek, waar sy ook diep in die psige van menslike verhoudings gedelf het, maar hierdie een oortref al haar vorige werk.Die tema is voorheen al aangespreek deur Annelie botes se Thula-Thula. Daar is ‘n hele paar ooreenkomste, die hoë-profiel man, die vroue en gemeenskap wat swyg, mama Thandeka teenoor mama Indwe wat dien as alsiende en uiteindelik ook as gewete, die slagoffer wat nie vasgehou wil word nie. Sou dit bloot wees omdat hierdie fenomeen so universeel is?My naam is Prins, ek slaap met die lig aan, is ‘n boek wat nog lank by lesers gaan bly, wat waarskynlik nog meer slagoffers na vore gaan laat kom by lewensmaats en terapeute en hopelik help om die pyn van die verlede te heel.Hierdie is ‘n grootse werk. Lees dit.Hierdie lesersindruk verskyn oorspronklik op LitNethttps://www.litnet.co.za/lesersindruk-my-naam-is-prins-ek-slaap-met-die-lig-aan-deur-christine-barkhuizen-le-roux/
Wat ‘n juweel van ‘n boek is hierdie! Vir die eerste keer leer ek van die Cloud collection appreciation organisasie. Die skrywer se liefde vir Breyten Breytenbach is duidelik, en haar grondige kennis van letterkunde en veral poësie word oënskynlik moeiteloos in die verhaal ingevleg.
Die verhaal vertel van Tallas se reis wat sy geërf het na die afgeleë dele van Skotland waar sy onder andere die eksentrieke amateurklopdanser Mikey, al 23 jaar op soek na sy Kate, die bergklimmer Connor, die herbergier Neil en die wewer Ailsa ontmoet. Die manier hoe dinge inmekaarskakel, laat dit na die waarheid klink, asof dit sou kon wees. Die waarheid, vreemder as fiksie.
Die karakter Talla, is slim, snaaks, introspektief en skerp. Sy het natuurlik haar skadukolle ook, sy is onverantwoordelik met geld en goed en hopeloos te impulsief.
“Talla se teorie is dat die hel 'n plek is waar geheime nie bestaan nie. Lang vergete herinneringe, dinge wat jy onderdruk, goed wat ander vir jou wegsteek en wat jy vir hulle wegsteek word in die hel bekend gemaak. Alles word van die dakke af geskree en op elke moontlike helse televisiekanaal gebeeldsend. Jy kan jou nie draai nie of jy word deur jou geheime op die naaste televisieskerms gekonfronteer.”
Die ruimte word so deeglik beskryf; die mistigheid, die mistiek van die “dun plekke” dat ek self wou verlore raak in die mis en wolke. Haar liefde vir haar liewe oorlede vriendin Theresa, is so deernisvol, dat ‘n sielskonneksie duidelik is tussen die skrywer en die persoon op wie se lewe die karakter gegrond is. (Raai wie het na Skrywers en boeke geluister?
Ek het suinig aan die boek gelees, bang dat dit opraak. Temas is verhoudings, verlies, soeke na die waarheid, die effek van die verlede, posttraumatiese stressindroom en dissosiatiewe geheueverlies.
“Sonder selfkennis is 'n mens soos 'n blinde in 'n kamer met vele kosbare en breekbare items. Jy swaai jou stok en indien jy gelukkig is, bly alles om jou, en in jou, heel.”
Die skywer herinner my aan Dalene Matthee en Eleanor Baker in die sin dat Die Wolkversamelaars ‘n baie wye lesersmark behoort te trek.
Talla se nagmerries oor Die Roekeloses was met tye snaaks!
Die mistiek van wolke pas perfek by mistige berge in die Skotse hooglande, en die manier waarop poësie stewig ingeweef word in die verhaal, asof dit tartanstrepe is wat geweef word by Ailsa se artisan wewery waar ons ook meer leer van die ontwerp daarvan. Dit word so gemaklik gedoen dat jy nooit voel dat dit ‘n “handleiding” is nie.
In Skotland herroep Talle ook ‘n beeld uit haar kinderjare, wat so traumaties was dat sy dit onderdruk het. So kry Talla dan uiteindelik afsluiting en heling vind plaas, sodat sy met liefde en deernis na haar ma kan kyk.
“Ek probeer verstaan.” Haar hart gaan oop, sy voel dit sagter word. Stadig, seker, soos daardie blomme wat 'n mens op time-lapse-video's sien. Die kaktusblom se pienk blare vou oop. Sy buig af na die verwese vrou, druk haar wang teen Ma s'n. “Jammer, Ma.”
(Vier en ‘n halwe ster van my, die halwe trek ek af vir klein dingetjies wat ek onwaarskynlik gevind het, maar wat ander onbenullig mag vind.)
As hierdie boek nie in die ry val vir pryse nie, hou ek op lees. Koop dit. Lees dit.
This is a book about women still stuck in a bygone era. They get familiar with Tinder, the Mona Lisa method and cubbing, but they did not aquire wisdom through time.
The characters only define themselves in terms of a relationship. They have no depth, no real issues as women have in real life. Shopping in Madison World fits all the clichés about the lifestyle. Their lives are a cliché. They are carbon copies of each other.
Then came the part about playing house with Sam and his kid for the camping holiday in her backyard, where Candace became a bit more real, more human. But not real enough to mention the boy's name until they have left. I'm not sure if I was disappointed in the characters or the book itself.
I found it peculiar that the writer made herself a character in the book. I simply can't believe that this is the same writer that wrote Sex and the city. The characters did just not have the depth needed, they all stayed one-dimensional throughout.
A light read for a lazy winter's day.
Who is the target market for this book? I'm not sure if middle aged women will identify with it, where characters in this day and age still define themselves in terms of a relationship with a man, and their whole lives revolve around it. Young women might find the characters a bit pathetic.
Hierdie boek gee ‘n kykie in die skrikwekkende ervaring van ‘n kunstenaar wat angs ervaar het sedert sy kinderjare. Alhoewel ek altyd Nataniël se werk geniet, is sy stem só voorspelbaar, dat dit ‘n bietjies te veel word. Die ellelange beskrywings van die huise uit sy kinderjare was ook vir my te veel, dit het my aandag afgetrek van sy woordvaardigheid.
Min jeuglit hou regtig my aandag, maar omdat hierdie een afspeel in ‘n tyd wat vir my al te bekend is, het ek hierdie een klaar gelees. Die uitgewers het dit met reg as jeuglit bemark en nie as ‘n bildungsroman nie, daarvoor was daar hopeloos te veel blote beskrywings van skoolseunverliefdheid en vryery, en dan die rugbyspelery.
Dinge soos hy dit beskryf klink vandag moontlik ongeloofwaardig, maar dit is hoe dit was. Dit is hoe apartheid mense se lewens affekteer het. Die walglike Rudi's het bestaan, en bestaan waarskynlik steeds.
In die begin het die “mooiskrywery” vir my ‘n bietjies te bewustelik geforseerd geklink, maar soos die boek gevorder het, het dit beter gegaan. Die boek is goed versorg, wat altyd vir my punte tel. Dit gee vir my ‘n gevoel dat die skrywer respek vir sy skryfwerk, sy uitgewer en sy leser het.
Die ontwikkeling van die vriendskap tussen Sarita, Pete en Petrus, was mooi, dit was goed. Ek het heeltyd gehoop om bietjie meer van Petrus se omstandighede te wete te kom, soos dié van Sarita, wat baie goed uitgebeeld is. ‘n Mens kon jou die gesin verbeel. Ook Pete se ouers en sy verhouding met hulle was
Omdat dit ‘n jeugboek is, sal die teikenmark waarskynlik aanklank vind by die lang beskrywings van wat op en om die rugbyveld gebeur, met beskrywings van elke hou en beweging, maar dit het hierdie leser koud gelaat. Dit was vir my ook onwaarskynlik, dat ‘n seun wat nie eers die vierde span haal nie, dan skielik eerstespan speel.
Apartheid laat mens nadink, met die wysheid wat nabetragting bring. Ek vind dit egter onwaarskynlik dat ‘n plattelandse seun se denke sonder enige invloede van buite, self so sou ontwikkel. Veral met ouers wat nie voor ‘n tiener “blerrie” kan sê nie. Pete het nie die voorreg van ‘n ander rolmodel, of ander leesstof gehad nie. Plek-plek het dit ook bietjie prekerig geklink oor die rassekwessie, asof hy verduidelik oor dingetjies wat mens eintlik eers agterna op kan terugkyk.
Halley se komeet en die effek daarvan, vervleg in die geslagte, was uiters geslaagd, soos wat ons oumas en oupas ook ‘n vreemde kyk in hulle oë gehad het as hulle praat oor die verblindende lig wat die hemelruim in twee gedeel het, en ekself ook presies onthou waar ek was toe ek Halley se komeet gesien het.
Mag daar ‘n Pete vir elke Petrus van die lewe wees.
‘n Soliede drie sterre.
Annelie Botes se boeke is ‘n bietjie soos die Huisgenoot, dis nie “polities korrek” om te erken jy lees dit nie, tog is daar min skrywers wat soveel boeke verkoop soos sy. Sy trek vol sale as sy iewers praat, sy het ‘n reuse gevolg. En daar is ‘n rede voor. Haar taalgebruik en skryfstyl is uniek, sy gebruik al die leser se eie sintuie om haar eie wedervaringe mee te leef. Min mense is so eerlik oor hulle eie motiewe en lewe as sy, en amper niemand skryf boonop oor hulle intens persoonlike ervaringe op ‘n manier dat mens daarmee kan assosieer nie. Self is ek ‘n groot fan en besit ‘n hele klomp van haar boeke.
In Kammaland beskryf Annelie Botes haar reis van een-en-negentig dae op ‘n huisboot saam met haar man Chris, waar hulle vaar na Kammaland op die kanale van Engeland se platteland, met die doel om na 43 jaar saam, te sien wat hulle aan mekaar het en mekaar ook te vergewe vir die dinge van die verlede. Hulle leef fisiek en geestelik baie na aan mekaar op die huisboot vir die tydperk, en is op nét mekaar aangewese, al is hulle twee kinders net ‘n oproep ver.
“Wat wil ons nog regkry en doen en bereik? Wat moet eerste gebeur, voor ons kragte ons versaak? Wat kan ons nog verander, en hoe? Watter geheime is daar wat ons vir mekaar wil vertel? Waaroor hou ons al jare lank ons trane op? Waarvoor is ons bang? Wat is daar waarvoor ons mekaar moet vergewe? Wat is daar wat te diep gebrandmerk is en waarvoor ons nooit vergifnis sal kan gee nie?”
Hulle kry veel meer as waarop hulle gereken het en te wagte was, onder andere ook perspektief oor hulle lewe in ons droewe land, waaroor sy heel tereg baie bitter voel. Eers as mens wyer reis, besef jy hoe het die kreef al gewoond geraak aan die kookwater van Suid-Afrika.
“Ons almal bly in een land, Janna. Nie tienduisend myl uiteen nie. Die skerpste duwweltjie van Suid-Afrika is die duisende songs wat op duisende wysies gesing word. Dis 'n kakofonie van dissonante akkoorde, en elke sanger stáán daarop dat sý song die regte song is. Dis oor botsende songs dat daar 19 000 moorde in 'n jaar gepleeg word. En ek sal met jou pinkie trek, dit sal nooit regkom nie.”
Hoewel ek heerlik gelees het, was dit wonderlik om met behulp van Google Maps in die gerief van my eie huis, te kyk na plekke soos Bosworth marina, Kings Bromley marina, Rugeley, Fradley junction, Hawkesbury junction, Lower Heyford, Rugby, Norman's bridge, Fenny Compton, Cropredy, Little Bourton en vele meer. En hoe romanties hulle reis ook al lyk, is ek met elkeen van die 194 sluise wat hulle oopmaak, dankbaar ek kon dit op ‘n lekker leerstoel meemaak, en sawends in ‘n sagte kooi onder ‘n donsduvet, met genoeg plek om te beweeg en alleentyd te hê as ek wil.
Hoewel ek 4 soliede sterre op Goodreads gee, trek ek een af vir sekere van die bar detail wat ek onnodig oordrewe gevind het. Ek wil nie vir die hóéveelste keer lees van ‘n man wat al aan my etenstafel gesit het, se stink poepe nie.
As middeljarige kon ek ook baie goed assosieer met hulle reis wat hulle voorberei vir die laaste skof saam, die laaste kwart van hulle lewe wat ‘n mens al hoe meer intiem met jou lewensmaat saamleef.
“Eendag in die traliebed, as die vensters toegehou word sodat die bedlêendes se borse nie roggel en hulle longontsteking opdoen nie, en dit raak benoud in die eindtydkamer, sal my voete word soos dié van 'n ribbok. Ek sal my oë toemaak en teruggaan Stoke Golding toe. My hande en voete en gesig sal afkoel. Ek sal poeiersneeu opskep en in die lug opgooi. Insakspore trap wat knars onder my Wellingtons. Dik gepakte boomtakke skud, sodat die sneeu op my rooi geruite baadjie se kappie en skouers val. Ek sal met ineengevlegte vingers saam met my dogterkind met die bos koperbruin hare in die wittakboomlaning in die ongerepte sneeu van Hinckley Road Cemetery stap tot by die obelisk. Ons sal stilstaan en die sneeu van koperplaatjies afskraap, sodat oorledenes se oë kan oopgaan om na die sneeu op hulle grafstene te kyk. En my dogterkind sal weer, soos daardie dag, vir my sê: “Ek ís lief vir Ma.” Dan sal ek my vlerke finaal sprei. En by die wit sneeupoorte van die hemel vir my skipper gaan wag om vir my 'n beker soet, warm flestee te bring.”
Vergewe hulle mekaar uiteindelik? En waarvoor is die vergifnis nodig? Daarvoor kan mens maar net haar vorige boeke lees vir die groot goed. Om uit te vind van die res, koop die boek.
Op bladsy 1 is reeds ‘n hele verhaal, die leser is dadelik deel van die storie, en hierdie leser se maag het reeds gedraai vir wat mag kom. Die begin van die boek stel vir die leser positiewe verwagtinge van die verhaal.
Ek het baie lanklaas ‘n liefdesverhaal gelees en kan dus nie in die genre vergelyk nie. Aanvanklik lees dit soos ‘n resepmatige verhaal en lyk heel dit ook heel voorspelbaar, maar by 20% is daar dramatiese wendinge na ‘n groot tydsprong.
Die karakters is mense met foute, dus absoluut oortuigend. Die dialoog is lekker, die skrywer ken mense en hulle dinge. Die probleme wat konflik veroorsaak tussen karakters, is tekenend van die moderne lewe. Bv vroue neem inisiatief, maar dis die mans wat wil commit.
Op die karakter Stuyvesant is ek verlief. Sy naam is goed gekies, ouer lesers sal verstaan dat hy ‘n kruis is tussen die rowwe Camel man van die negentigs en die gesofistikeerde man van die Stuyvesant advertensies van die sewentigs.
‘n Ligte en genotvolle lees vir die vakansie, baie meer as ‘n voorspelbare romanza, maar nou nie iets wat huweliksonmin oor laat ligte veroorsaak het nie.
Wat wel onafgerond voorgekom het, is die lot van Mignon se man en pa. Ook die oënskynlik dramatiese persoonlikheidsverandering in Mignon, voor en na Die Gebeure, was vir my onwaarskynlik. Te té. Mens se inherente aard word beïnvloed deur eksterne faktore, maar die kern van jou wese verander nie só dramaties nie.
Wie moet die verhaal lees? Mense wat hou van ‘n lekker storie, ‘n lekker verhaal om te lees as jy onkapabel is vir werk of wil ontvlug.
Hierdie was nou ‘n lekker chic lit. Die karakters is lewendig, hulle is regte mense. Retta probeer sin maak van ‘n lewe wat ‘n “lang beige gaap” is, waarin sy geen vervullig kry nie. Deur haar reis en ‘dekonstruksie', kan ‘n mens ook kyk na jou eie prioriteite. Mens word lief vir Retta. Die skrywer is duidelik in voeling met hoe die jonges praat, ek het heeltyd gedink maar ek wil ook so oulike seun hê soos haar twee.
Dit was nou sommer net ‘n lekker lees, sonder moeite. Die boek lees maklik, dis asof jy die karakters ken, maar dit maak ook die boek ook net ‘n klein bietjie voorspelbaar. Dis lekker om ‘n boek sonder lomp foute te lees. Dis sappig sonder smet, dit is lekker sonder sukkel, maar bowenal, dit is real. Dis die lewe.
Die konsep van negatiewe ruimte word deeglik ontgin sodat mens sin maak daarvan en ook kan kyk hoe dit werk in jou eie lewe. Vir hierdie leser was dit amper té deeglik, ek het later bietjie gevoel: genoeg verduidelik nou.
Daar word deurgaans pragtige beelde gebruik, wat vars en nuut is: “En as sy weer moet hoor hoe haar ma sê “Lieg is soos 'n té klein kombersie”, gaan sy kots. Juis omdat dit waar is. “As jy hom optrek om jou nek toe te maak, ontbloot jy jou voete,” is hoe die res van die rympie lui.”
‘n Lekker soliede drie sterre.