Dit was nou regtig ‘n lekker boek om mense se dark sides bietjie te bekyk. Daar word gebéúr aan die grensdrade van elke verhouding.
My asem was weggeslaan. Persoonlik dink ek die boek is totaal en al onderskat, of het te min aandag gekry.
Hierdie was seker die beste chick-lit in Afrikaans wat ek nog gelees het. Mag daar veel meer uit haar pen (of is dit nou sleutelbord) kom!
Na Jo & Sue moes ek net eenvoudig weet wat van die karakters en daardie kasarm word. En sy stel nie teleur nie! Ek was effe ongesteld vir ‘n rukkie en het allerhande krisisse beleef, en dan is dit mos net die tyd om jou sorge te vergeet en jou kop te skud vir daardie sletspul.
Hierdie keer was Nan & Jeannie die spil waarom dinge draai, maar ek ... ag ek bedoel Sue ... en Jo se lewens is steeds ineengevleg met dié van die ander twee. Hulle leef volgens die Calitz girls se reës:
Jy maak niemand moedswillig seer nie. Jy kom niemand doelbewus te na nie. Jy gun mense om te wees wat en wie hulle is solank hulle jou nie moedswillig seermaak of te na kom nie. Jy vergewe hulle as hulle dit wel gedoen het en insien dat hulle dirooggemaak het. As hulle dit nie insien nie, sny jy hulle gewoon uit jou lewe. Meet ‘n bietjie jouself, jou familie, jou gemeente daaraan en kyk hoe vaar jou bende. (Nan aan Gideon)
Met sulke girls kan mens mos ‘n pad stap! Daar is ware wysheid wat op vele plekke deurskemer, sonder dat dit soos sedelessies klink. Wat vir my goed was, is dat die karakters ten spyte van hulle tekortkominge, steeds integriteit het en ek kon werklik met iedereen assosieer. Behalwe met Jeannie, sy was erger as my kinders en en wou haar aan haar knopskouertjies vat en wakker skud.
Baie besonders was die inligting oor klippe en kristalle.
Die woestaard, plunderaar, veelwywer, filosoof, hedonis, Coenraad de Buys wat ook saggies met ‘n vlieg kon praat en ‘n kruiekonkoksie maak om ‘n kindjie se gebrande voetjies te versorg, is ‘n verskriklike karakter. Ek dink ek is ‘n bietjie verlief op hom.
Die boek is nie vir sissies nie en verken donker kante van die mensdom deur die karakters. Die seks is aggressief en eksplisiet, die storielyn vol draaie.
Weerloos is ʼn sensuele reis waar die leser haarself kan verlustig in liefde, begeerte, verraad, die lokstem van verlange en wellus. Maar dan leer Desirio haar ook van stilte. En van begeerte. Daar is konsepte van die paradoksale en ander filosofie wat slim ingevleg is. Jy dink nog jy verlustig jou in die dekadente oorvloed wat jou sinne bedwelm, dan lees jy al die tyd ʼn stukkie filosofie.
Dakini gebruik haar liggaam as ʼn poort waardeur sy “juvenale” lei om mans te word, haar speelding waarmee sy aan haar siel se dans uiting gee. Maar dan word dieselfde vrug van goed, ook in haar “Vroeë tyd” die vrug van kwaad. Daar is dus ook ʼn spel met tyd.
As jy nog altyd wou weet op watter manier jou liggaam ʼn prostese is van jou siel, kom kyk wat gebeur as daar van die karakters se eiendom op ʼn geheimsinnige manier verdwyn. En dit in ʼn plek waar die skurk in ʼn hemel woon, en die godin in ʼn hel. Maar net sodra jy wonder oor hierdie vreemde konsep van goed/sleg, dan ontmoet die godin haar held weer in ʼn hemel. Goed en sleg word dus uitruilbare konsepte. Dakini wil met liggaam en emosies leef, en Desirio weer met rede en beheer.
Belangrik in Weerloos is dat reg/verkeerd, hemel/hel, goed/sleg alles relatiewe begrippe is, en dat balans alles is. Die boek is deurspek van simboliek, soos die vier waarsêers wat die vier elemente simboliseer; die wesensvoorwerpe wat verdwyn klink of dit uit sprokies kom. Die simbool van die slang wat ʼn groot rol speel, het eens op ʼn tyd die godin en seksualiteit voorgestel voordat dit deur die kerkvaders as boos verdraai is. Daar is ook ʼn element van heksery, en die vervolging van hekse in die Middeleeue.
Dakini leer op die einde dat daar nie goed of sleg is nie. Albei is net en moet daar wees vir mekaar om te bestaan. Leef deur jou lyf aan die een kant, en rede en beheer aan die ander. Soos wat manlik en vroulik, emosie en verstand, nie een beter as die ander is nie, maar wel langs mekaar staan en mekaar aanvul. Balanseer. Deel is van een volmaakte geheel.
Weerloos kan nie sommer net ligtelik gelees word nie, al wil jy kaalvoet soos Dakini op ʼn koel hematiet-pad stap, met ʼn middernagblou fluweelkleed om jou skouers.
Waar Annelise se eerste roman, die kontroversiële Maanvrug, ʼn verhaal vol fantasieë is, is Weerloos vir my ʼn fantasie propvol potensiële waarheid.
One of the best first chapters I've ever read, that opening scene where the letter is read, really touched me on a deep level.
Hierdie boek het my totaal oorbluf gelaat. Die verhouding tussen Rosaria en Annalisa was so ongelooflik verwikkeld, met al ‘n ouer se emosies en vrese ingebou, die liefde vir ‘n kind wat ook haat en resentment insluit. Dit waartoe ‘n moederdier in staat is, wat nog nooit so beskryf, asof hierdie verhaal reeds gebeur het en die skrywer bloot die tragiese gebeure opteken. Dit het my heeltyd laat voel soos die waarheid, wat vreemder is as die fiksie wat dit voorgee om te wees.
Die aanhaling uit Ian McEwan se roman The Cement Garden beskryf die boek perfek: “At the back of my mind I had a sense of sitting about waiting for some terrible event, and then I would remember that it had already happenend.”
Ek het hierdie boek 20 jaar gelede vir my 40e verjaarsdag gekry, van ‘n dierbare vriendin wat intussen oorlede is. Daar is ‘n nota voorin: Don't let anyone put Baby in the corner.
Hierdie boek het my oor die jare baie gehelp om selfvertroue in verskillende situasies te kry en gehelp om my te vorm. Dit was vir my net soveel meer as blote erotiese stories!
As volwasse leser is ek bly dat ek dit gelees het en beveel dit heelhartig vir my kleinkind aan. Die styl is vars, hip and happening, die integrering van iets soos ‘n QR-code en die ontwikkel en gebruik van ‘n app om vriende te ondersteun wat geboelie word, relevant vir die hedendaagse skoolboelies wat braaf agter hulle fone skuil.
(Ek het al die skrywer se musiek waarna hy verwys in die boek, op my Kindle gemerk sodat ek dit ook kan soek en daarna kan luister.)
Normaalweg is daar in elke boek sekere gedeeltes of karakters wat my minder beïndruk as ander, dan gebeur dit dat ek daardie dele vluglees. Oorkant jou was die uitsondering, ek het elke paragraaf met aandag gelees en dele herlees, ek het soveel dele op my Kindle gemerk, dat ek net sowel die hele boek kon merk.
Hierdie boek het my op ‘n diep vlak geraak, asof dit ook my groeiproses was, dit was asof universele emosies en gedrag uit ʼn bron van buite geneem is en op ʼn vlak aangespreek is wat in ons almal se onbewuste teenwoordig is. Ek probeer/nog ontleed waarom dit my so geraak het. Vermoedelik het dit te doen met my eie oortuigings, hoe dit inpas met die loop van elke mens se lewenspad en die mense wat saamstap daarop.
Op die agterflap van Johann Nell se roman word die verhaal só saamgevat: “Dit is 'n heerlike en holderstebolder indompeling in die raaisels van die lewe, maar dit is ook 'n diepsnydende ondersoek na manlike identiteit en die wyse waarop dit deur 'n plaasverlede gevoed word”. Met net genoeg magiese elemente, gemeng met die aardsheid van die karakter Andri, het hierdie boek my beboei tot die laaste bladsy. Dit speel af op bekende terrein en dit verwys na relevante gebeure, wat die karakters slyp.
Hierdie boek het my totaal oorbluf gelaat. Die verhouding tussen Rosaria en Annalisa was so ongelooflik verwikkeld, met al ‘n ouer se emosies en vrese ingebou, die liefde vir ‘n kind wat ook haat en resentment insluit. Dit waartoe ‘n moederdier in staat is, wat nog nooit so beskryf, asof hierdie verhaal reeds gebeur het en die skrywer bloot die tragiese gebeure opteken. Dit het my heeltyd laat voel soos die waarheid, wat vreemder is as die fiksie wat dit voorgee om te wees.
Die aanhaling uit Ian McEwan se roman The Cement Garden beskryf die boek perfek: “At the back of my mind I had a sense of sitting about waiting for some terrible event, and then I would remember that it had already happenend.”
Hierdie een ws vir my ‘n spesiale leeservaring. Die band tussen Brink en Szczurek is amper tasbaar. Dit gaan nie net vir my oor my fassinasie met Brink as mens en skrywer nie, maar ook oor Karina Szczurek se besondere skryfvermoë.
“For a few seconds before our courage failed us, the night stood still in anticipation. Reason prevailed, but not in any conventional sense. There was no articulate decision taken or any logic involved. The subliminal stirrings of mutual attraction simply remained suppressed, not permitted to manifest themselves as real thoughts, or actions.”
Vir solank ek kan onthou, was André P Brink die hoogste op my lys van gunstelingskrywers. Toe Nicolette saam met Die Ambassadeur oorsee gerinkink het, was ek maar self ‘n blote kind en het glad nie Ingrid Jonker in verband gebring met die karakter Nicolette nie. Waarom sou ek? Dis tog ‘n verhaal wat stelselmatig oor die dekades bekend geword het aan ons gewone lesers. In elkeen van sy boeke wat daar altyd iets universeel aan sy vroulike hoofkarakter, in so ‘n mate dat ek my eenmaal lank gelede vererg het en gedink het Brink kyk eensydig na vroue, dat hy ‘n illusie najaag en dat hy nooit die ideale vrou of vrouekarakter sou kry nie. Dit het eers later aan die lig gekom dat die vrouekarakters geskoei was op die beeld wat hy van Ingrid Jonker in sy kop gehad het. Eers by nabetragting kry ek die indruk dat hy sy karakters geskoei het op wat hy gehoop het Jonker sou kon wees.
Whether something really happens or not is not the issue, what is most important is the possibility and the faith in the chance of its potential happening. (KS)
The Fifth Mrs Brink is die memoir van skrywer, resensent en akademikus Karina Szczurek, Andre P Brink se vyfde vrou. Sy skryf oor haar lewe, haar liefdes, maar veral oor haar lewe met André Brink en hulle onvoorwaardelike liefde vir mekaar. Mens sou kon redeneer dat hy na vier mislukte huwelike genoeg ervaring gehad het om slaggate te vermy en so ‘n sukses van sy vyfde huwelik maak. Daar was egter ‘n baie besondere band tussen hulle, sedert hulle eerste ontmoeting.
His tired blue eyes lit up when he saw me. I thought, Not bad for a sixty-nine-year-old! And I stretched out my hand to shake his, introducing myself. There was an instant connection, a spark of recognition. Yes, love at first sight. (KS)
Daar is min mense wat werklik bevoorreg is om hierdie ‘herkenning' te ervaar, daardie konneksie op alle vlakke, daardie sielsmaat aan wie jy met hart en siel en liggaam verknog is. Lyfliefde. Wanneer ons dit dus sien gebeur, gryp dit ons aan. Hierdie diep verbintenis was ook daar tussen Brink en Jonker, soos wat ons gelees het in Vlam in die sneeu. Hulle omstandighede , ouderdom em lewensrypheid het nie toegelaat dat hulle hulle lewe saam sou spandeer nie.
Dit is vir my opvallend hoeveel ooreenkoms daar is tussen die lewenspad wat Ingrid Jonker gestap het, en dié van Karina Szczurek. Beide van hulle het ‘n intense liefde vir taal en die vermoë om kreatief daarmee te werk. Beide is ontheem as kinders, hulle moes geweldige verliese verwerk. Twee pragtige sterk vroue, intens maar tog weerloos.
As a child I had to learn to cope with constant loss. People around me were not dying, but I was losing them. Along with them my homes, schools and everything else that mattered. . . . I was that rare creature: a woman without regrets. There were many things I had not been proud of, but I was not ashamed of any of them, and I definitely did not regret anything.
Daar was ook ooreenkomste hoe hulle ander verhoudings hanteer het.
Fidelity and I do not have a particularly good record. I have passed through too many men's lives, unnoticed by their wives. Sex purely for physical satisfaction has always left me empty and saddened afterwards. (KS)
Hulle het dieselfde man intens liefgehad.
André read me even when I was silent. He saw all of me, and he still wanted me. He thought I was beautiful. . . . For ten years he saw me. This is not a light or obvious observation. Most people do not see you. Many look, some even stare, but few see you, even fewer know you. With André I had no doubt of being visible, the whole me, inside and out, most of the time. He witnessed and acknowledged me, and I felt recognised, fully reflected in his presence. Then he was no longer there. (KS)
Het Karina Szczurek in hierdie lewe voltooi wat Ingrid Jonker na gesmag het met haar hele wese? As jy aan reïnkarnasie glo, sou jy kon redeneer dat Ingrid Jonker hergebore is as Karina Szczurek. Daar is vir my ook fisieke ooreenkomste in hulle gelaatstrekke, mond, ken, gesigstruktuur en profiel.
All I really know is that there will never be a time without you, André. Our journey continues. May the skies be generous with light. (KS)
Dit behoort aanklank te vind by 'n wye lesersmark. Dit is soos Fees van die ongenooides – bedrieglik eenvoudig geskryf, sodat aanhangers van ligter boeke dit ook sal geniet. Tog het dit veel meer om die lyf as net 'n familiesage.
Lees my resensie van die boek op LitNet: http://www.litnet.co.za/alles-begin-met-anna-deur-annemari-coetser-n-resensie/
Die boek was vir my niks meer as oukei nie, ek het groot dele gescan, dit het my aandag glad nie gehou of my enigsins aangegryp nie. Ek het wel respek vir sy eerlikheid, maar dit is ongeveer die beste wat ek oor die boek kan sê. Ander lesers mag sekerlik anders voel daaroor, maar dit het heeltyd vir my gevoel daar is ‘n verskuilde agenda met die skryf daarvan.
Dit voel altyd vreemd om sterre te gee vir ‘n outobiografie, dit voel asof ek iemand se menswees beoordeel. My 2 sterre is egter suiwer op grond van hoe ek oor die boek gevoel het.
Uitstekende jeugverhaal wat ouma Trisa verskriklik geniet het. Die effek van trauma op ‘n gesin en die verwerking van verlies. Sonder om ooit lewenslesse te versuiker in fiksie. As dit nie was dat die hoofkarakter, Jurie, in matriek was nie, sou ek dit nie as'n jeugverhaal sien nie.
Wonderboom. Wonderskoon. Wonderlik. Wonderbaar. WONDERBOOM. Ek kon nie stadig genoeg lees aan hierdie boek nie en het my elke aand aan ‘n paar bladsye verwonder. Sommige stukkies het ek oor en oor gelees, taalgebruik het my lanklaas so gefassineer. Dit voel asof dit geskryf is vanuit ‘n oerplek van die bewuste, waar ons stukkies bewussyn deel.
Mentje, kind van Pas-Opkamp, bied moontlikhede om ʼn uitstekende fliek te maak, ook omdat die verloop na die oorlog verder afspeel in Suid-Afrika, op die plaas Buffelspoort, waar dit in Hoofstuk 1 begin het. Die boek het ʼn knop op my maag gesit wat eers laat los het aan die einde van die boek, hoewel Irma Joubert slim is, sy laat my uitsien na die derdie boek in haar oorlogstrilogie.
Navorsing en geskiedenisfeite is deurgaans uitstekend geïntegreer in die verhaal, in teenstelling met van Joubert se eerste boeke, waar dit na die eerste derde vir my gevoel het asof ek nou deur die notas lees wat vooraf gemaak is tydens die navorsing vir die boek.
Die skrywer slaag uitstekend daarin om ‘n slim, dapper dogtertjie se leefwêreld te verbeel. Aanvanklik het ek gedink daar slaan nêrens meer wysheid deur as wat verwag kan word van ‘n slim dogtertjie wat in uiterste omstandighede moet oorleef nie. Later in die boek het ek tóg gedink Mentje is emosioneel ʼn amper bomenslike sterk en wyse kind wat my soms laat wonder het oor die geloofwaardigheid van die karakter.
Met hierdie boek wys Irma Joubert weer waarom sy tans ons gewildste historiese romanskrywer is.
Dit voel altyd vreemd om sterre te gee vir ‘n outobiografie, dit voel asof ek iemand se menswees beoordeel. My 4 sterre is egter suiwer op grond van hoe ek oor die boek gevoel het. Vir Shéri en haar ma Susette se menswees gee ek egter 10 sterre.
Dit is ‘n inspirerende verhaal en het my geboei van begin tot einde.