Ek wens, ek wens

Ek wens, ek wens

2019 • 169 pages

Ratings1

Average rating4

15

Seb doen sy werk as lykbesorger by White Lily Funerals sonder om te veel te dink. Op ‘n dag ontmoet hy die toweragtige seuntjie, Gawie. Hy is sterwend en wil graag sien wat met hom gaan gebeur na sy dood. ‘n Reeks gebeure val dan skielik vir Seb soos ‘n legkaart inmekaar, as hy besef dat daar veel meer aan die lewe en aan verhoudings is as wat hy die afgelope jare ervaar het. Het sy werk hom noodwendig emosioneel bietjie afgestomp?

Hy besef mettertyd hoe kragtig mens se gedagtes is en hoe dit jou lewe kan beïnvloed. Hy kom voor 'n dilemma te staan – Waarvoor wens ‘n mens as jy net één wens het wat moontlik waar kan word? Hy dink na oor prioriteite, oor sy verhouding met sy vrou en twee tienerkinders. Gaan alles uitmekaarval?

Seb staan heel apaties teenoor die grieselrighede van werklike lyke waarmee hy werk en hoe hy dit voorberei om die so natuurlik/lewendig vir die naasbestaandes te laat lyk. ‘n Kykie in die werklikheid van die dood wat dalk moeilik sal wees om te lees vir iemand wat onlangs ‘n geliefde verloor het, maar ook op ‘n manier die dood vir die leser as ‘n natuurlike proses voorstel.

‘n Baie stewige vier sterre! Lees dit gerus, die taalgebruik is uitstekend en dit het hierdie leser meegevoer. Regtig ‘n vars storielyn.

November 12, 2019