Ag nee regtig. Hierdie tipe toevallighede gebeur elke dag met mense en kon net vir die betrokke mense betekenisvol wees.
This book explains difficult concepts in such a way that even people with little background on soul matters, can understand. The cover is lovely and well chosen.
The exercises are easy to do and it does not feel like “work”. Some can be done as you are reading.
Unfortunately the links to the following website does not work. I trust that this will be updated for the final product. It would have been great to get access to the meditations and links mentioned. http://www.newharbinger.com/41849
Very interesting is the way the writer discusses the role color plays, from different perspectives. The concept of “imprints” is clearly explained, I liked that. The concept of Prayer is explained better than any religious book I've ever read.
The chapter on Chakras could be streamlined a bit.
Chapter 5 seems to be a cannon, firing shots of a whole bunch of loose concepts, with no order, without explaining properly, for instance the Automatic writing is just mentioned but not explained.
As a whole, I would say the book is an interesting read for people interested in alternative healing methods and psychic communication. It covers a whole spectrum and there are examples of relatively easy exercises. However I found the net too wide - almost like a box with all the pieces of a jigsaw puzzle thrown and mixed up in the box, with little heaps of pieces sorted in colours. This reader expects well organized chapters, neatly tied together. The content is interesting, but I personally find it too loosely constructed.
First of all, this book was very difficult to read, because it is not adapted to be read on Kindle.
Such a short book makes me think it would be suitable for children of 6-8 years. A walk in nature is therefore a good idea,. If that is the case, more senses like color, sounds and smell should be incorporated to dramatize the events.
The cover is joyful and pretty.
The ending is open, “they still had to face the consequences”. For small children it might be better to describe an action so that they can have an example of a possible consequence. In my experience some small children might become anxious if there is an open ending like that.
Soms tref ‘n boek my op ‘n plek wat ek nie kan definieer nie, ek lees mense se reaksies daarop, resensies daaroor en dan skielik lees ek iets wat vir my skree YES! So was dit met prof Joan Hambidge se resensie van Marita van der Vyver se Misverstand. Ek wens ek kon aan haar oordra hoe bly ek is dat sy die goed wat ek vaagweg ‘gevoel' het maar nie kon verwoord nie, so stip beskryf.
Soek gerus die resensie.
The echoes of the past resonate through the lives of two families living in Boston. The secrets of the past where one family was helped by the other in Trieste, are never revealed, yet the threads of it are woven through their lives. It is a slow and easy read, not much happening. The reader stays an outsider, much like the characters themselves.
Jonas sketches Jenny and the final product resembled his aunt Belinda, who was the only one telling him some of the history of the two families. Jonas spends a lot of time in a coffee shop, sketching people. He once saw a man, and imagined him to be Harold, his mother's lover. He was quite disillusioned to learn that Harold was not the man in the coffee shop.
Jonas was quite bewildered when he learned that the reality of marriage was not as dry and stilted as defined in his mother's old Webster.
Jenny set up a rigorous schedule to finish as much classes as possible, before getting married to the much older Eric.
I was not drawn into the story in the beginning, the narrator's voice was stronger than those of the characters. The characters never came to life for me, I could not resonate with one of them, but therein lies the strength of this novel. They stay in the shade.
There is very little dialogue and the personality of characters did not develop. I only later realized how clever it was, to portray Jonas as the observer of the world around him.
When Eric told Jenny about their parents in Trieste, it was in a cold, absent way. In fact, everything in this book happened in a cold, distant way as if one looks at the lives of the characters through a transparent curtain. They say in the shade, but for huge parts of the book, unfortunately so is the reader.
Wat ‘n heerlike, héérlike boek vir ‘n nat, koue Kaapse vakansiedag. Ek het lanklaas ‘n boek in een dag deurgelees, maar vandag was die dag.
The book started off as a romance, and all of a sudden the writing style changed completely. I struggled with it, it rambled on and changed focalisators in the middle of a chapter, for no apparent reason.
The book did not manage to keep my attention.
A very comprehensive instruction manual for pole dancers. This is the only book of value I could find. All moves are illustrated and described. Well done to author and publisher.
“Sy gaan staan onder die stort. Eers met net die koue kraan oop om haar uit die kokon te ruk waarin sy haar die afgelope drie dae toegespin het – nie die gladde geel kokon van 'n sywurm nie, maar 'n blarerige, onnet spul, die nes van 'n tuinspinnekop.”
Hierdie aanhaling uit die boek het my getrek, en dit het uiteindelik ook vir my aangedui hoe ek die boek ervaar het. Om te lees oor die lewe van Liora en haar familie was soms soos om onder ‘n koue stort in te klim, en die tinteling van die koue water oor my lyf te ervaar. Net so het dit my uit die gemaksone van die gladde geel kokon geruk om te lees oor die vreeslikhede van die oorlog in Algerië, waarvan ek maar min weet.
Van die karakters is die boek en hulle lewens, is ook maar 'n blarerige, onnet spul, die nes van 'n tuinspinnekop. Soos regte mense is. Mense na aan mekaar pleeg verraad, mishandel mekaar en het mekaar ook lief.
Boeke wat losweg gegrond is op die werklikheid, trek my altyd. Boeke met ‘n verhaallyn wat sou kon wees, is my ding. Die lewe van Liora Papalato, geïnspireer deur wyle Luisa Pappalardo wat afspeel in Oudtshoorn, die oorloggeteisterde Algerië en Parys, was opwindend, skrikwekkend, tragies, soos die lewe self dikwels is.
Die boek het my geraak op plekke wat moeilik is om te beskryf, dis eerder ‘n emosie as ‘n mening. Volgens die skrywer is die aanvanklike manuskrip verskeie kere afgekeur, maar hy het volhard. Ek is bly hy het. Welgedaan!
As Erica and Aaron talk to her grandfather of his early years, he shares horrific stories in a casual, matter of fact way, like as a young boy he needed to slaughter chickens. It is obvious that Erica had a very special relationship with her elderly grandfather. Very soon he trusted Aaron as well. All those donuts made me crave one!
The male voice of the author is a bit disturbing when the female character Erica thinks of Aaron as her drill sergeant, giving commands.
The characters are interesting and well developed.
An easy read, something a bit different and I enjoyed reading it. I recommend this book for anyone with an interest in historical fiction and the wisdom of elderly people.
Thank you Netgalley.
Die storielyn is nogal lekker, die verhouding tussen Leah en Hannah goed beskryf. Ongelukkig oortuig die karakter Leah se lewenswyse as rykste vrou in die land, glad nie.
Die boek lees moeilik, daar is oral tydspronge sonder wit spasies en ek kon dikwels nie agterkom uit watter karakter se oogpunt hier gekyk word nie. Moontlik is die e-boek net sleg gemaak? En parfuum wat lekker ryk?
Wat deeglik oortuig, is die moeilike proses om die familie gewoond te maak aan ‘n gay verhouding, geen probleem daarmee nie. Die storie is lekker, maar ek kry die idee dis dalk net bietjie oorhaastig geskryf.
(Ek vind die kritiek elders oor rassistiese ondertone, heeltemal ongegrond.)
Smit Motors is die eerste boek wat onder Lapa se nuwe druknaam, Wenkbrou, uitgegee word. Wenkbrou maak voorsiening vir verhale wat sensitiewe temas aanraak, mits dit steeds die nodige “gravitas” het. En hét Smit Motors nie gravitas nie.
Die verhaal is ontstellend, juis omdat dit eintlik baie realisties is. Die karakters woon almal in ons en om ons, ons wil dit net nie altyd erken nie.
Ek kon die karakters liefkry, met hulle foute en al, behalwe die slagter wat ek later self wou afslag en vir biltong opsny. Mens kon Monty nie leer ken nie, maar miskien is die kind se karakter doelbewus soos ‘n skugter bokkie wat weghol, weggehou van die leser? Onsigbaar vir sy ouers, maar ongelukkig ook grootliks onsigbaar vir die leser.
Smit Motors vertel ‘n verhaal oor liefde, ouerskap, gestremdheid, gesinsgeweld, aanvaarding, met bloedbande wat nie altyd ‘n gegewe is vir liefde is tussen mense nie. Net so deel familie nie altyd bloed nie.
My vier sterre is vir die storie, vir aanbieding, maar nie altyd skryfstyl nie. Die een oomblik voel ek ek sit en kyk na ‘n Nouveau film, en dan verduidelik sy en wil opvoed oor sensitiewe kwessies.
Wie moet hierdie verhaal lees? Ongeveer almal. Dit is toeganklik, tog is dit nie sonder literêre meriete nie. Dit hou regtig hierdie leser se aandag toenemend, reg tot op die einde.
Welgedaan Warrington en Wenkbrou!
Hierdie is seker die beste literêre biografiese werk wat ek nog gelees het. Dit plaas Brink se lewe en sy werk in perspektief. Daar is waarskynlik min skrywers wat só in voeling is met sy eie menswees in terme van hoe dit in sy skryfwerk realiseer. Dit is baie duidelik uit hierdie joernale, dat Brink sy joernale wat hy so getrou bygehou en bygewerk het, gebruik het om homself te posisioneer en te verstaan deur sy skryfwerk, ook hoe hy sy verhoudings benader het.
Ek plaas ‘n klompie aanhalings uit die boek om dit te illustreer, asook stukkies wat Brink as mens duideliker maak, sodat ‘n mens sy werk beter kan verstaan.
In die woorde van 'n sentrale karakter in een van sy latere romans, sou Brink homself spoedig bewys as die soort mens wat “nie eintlik [kan] lewe sonder om verlief te wees nie”. Hy kon die fisieke afwesigheid van die beminde regstel deur haar in die skryfhandeling te herskep en te omvorm, waardeur sy weer in sy gemoed sou verskyn in die vorm wat hy begeer of verbeel het. Later sou hy hierdie proses beskryf as “literarisering”, sy eie nuutskepping wat spesifiek gerig is op die manier waarop hy die vroue wat hy begeer het, literêr sou “omskep” en hulle daardeur “onbereikbaar” maak – om homself te beskerm, soos hy dit beskryf.
Vir hom is dié geluk egter voorwaardelik: “[D]ie soort geluk van enigiemand wat – min of meer – eksistensieel lewe. Dus: die angoisse is nooit ver nie, maar dis 'n kreatiewe soort angoisse wat mens suiwer en altyd verowerend die onbekende instuur, sonder veel rus, maar met heelwat genade. Søren Kierkegaard, wat beskou word as 'n voorloper van die eksistensialiste, het gesê “angstigheid is die duiseling wat vryheid meebring.
Tog was hy lewenslank geneig om sy pyn te veredel deur dit liries te beskryf en dit tot filosofie te verhef.
Mettertyd word hý, eerder as 'n fiktiewe karakter, die lydende, strompelende, en absurde onderwerp van sy eie skryfwerk. Hy word in der waarheid sy eie Hamlet.
Dit wys ook Brink se donker kant:
Hierdie nota is om twee redes betekenisvol: in die eerste plek dui dit op Brink se lewenslange gewoonte om sy geliefdes se dagboekinskrywings en briewe heimlik te lees, en tweedens dat hy 'n gesprek tussen hom en Ingrid uitgedink het, aangehaalde uitlatings inkluis. Dít dui weer daarop dat Brink – ondanks sy toewyding aan akkurate verslaggewing en sy vermoë om feitlik alles te onthou – gegewens tot 'n mate in sy joernaal gefiksionaliseer het.
“Hierdie gekompliseerde karakter is ek; 'n mens met 'n masker, maar só één geword met die masker, só vereenselwig daarmee, dat ek daarsonder nie kan bestaan nie en soms nie weet watter die masker is en watter die egte is nie!”
In 'n merkwaardige helder oomblik kry Brink “'n [g]evoel dat [hy], pervers, pyn soek. Dat [hy] ‘eksperimenteer' met menselewens, & dat hoe hoër die prys v. (ander se) seerkry is, hoe meer [hy hom] daarin indwing.”
Altesame 22 jaar ná Roode se analise erken Brink self in sy joernaal dat hy “pervers, pyn soek. Dat ek ‘eksperimenteer' met menselewens, & dat hoe hoër die prys v. (ander se) seerkry is, hoe meer ek my daarin indwing. Vir Retha Roode was die saak veel eenvoudiger: “Sy voël ja hom rond.” Dié kwinkslag het Brink “finaal teen Christie & Retha laat keer”.
Hoe meer onseker Brink voel, hoe meer is hy geneig om sy eie onskuld te oordryf, in 'n ooglopende poging om homself daarvan te oortuig.
Hy spreek 'n “rustige wens” uit: “[O]m eendag daar uit te kom waar ek nie hoef alleen te wees nie.” Só voer hy dié gedagte verder: “Waar die vuur in die bloed sal bedaar het en ek met 'n vrou die lewe in ironiese vreugde sal betrag, ryp en geryp, bewus daarvan dat die mens mooi – en ook swak is, en baie hulp nodig het. Want wat wil ek nou? Nie werklik nog ondervindinge & eskapades met vroue nie.”
Ondanks Brink se onversetlike wil om sy wêreld self te vorm en 'n realiteit te skep wat by sy begeertes inpas, is dit vir hom uiteindelik onmoontlik om in die verhaal van sy eie lewe die alwetende verteller én die karakter André P. Brink te wees.
Die beeld van 'n Don Quichotfiguur, 'n avonturier wat hom nie aan die alledaagse gevolge van sy dade steur nie en hoopvol na die horison tuur, som Brink in 'n neutedop op.
Oor Brink se rol in die Afrikaanse letterkunde:
Brink se Lobola en sy ander skryfwerk in 1960 en 1961 het waarskynlik daartoe bygedra dat hy nie sy doktoraat aan die Sorbonne voltooi het nie: hy was eenvoudig te besig om die rol van die Afrikaanse skrywer te herbedink – en 'n neutvars estetika te beoefen deur geykte Afrikaanse vertelvorms te omvorm in geatomiseerde invalshoeke wat die houvas van die volkstaal op morele geldigheid binnekort sou dreig.
In die toespraak wat hy gelewer het, wat sy laaste sou wees, het Brink vlot in Frans gesê die “enigste triomf waarmee die mens kan spog is die soeke na antwoorde teen die vrae in”. Heel gepas het hy bygevoeg: “As ons die antwoorde vooraf geweet het sou daar nie avonture wees nie en ook nie ware keuses nie.”
*********
Alles in ag geneem, is hierdie vir my die volmaakte afsluiting van my eie fase as Brink-leser. As jongmens in die sewentigs het hy vir my ‘n literêre wêreld oopgebreek. Daarna het ek al sy boeke gelees, waarvan ek meer van sommige as ander gehou het. Vurk in die pad en Vlam in die sneeu was vir my ‘n ontnugtering van die mens wat vir my ‘n ikoon was, maar De Kock se biografie het vir my eenvoudig alles in perspektief geplaas en ‘n sirkel voltooi, soos ook die liefde wat hy ten einde gevind het.
“This ain't your home no more.” The young Effie was sent away in marriage with Rev Jackdaw by her father, in a time when girls could get married at the age of ten, just by lifting a Bible. After a grueling trip, she was left alone with Bridget, or Rooster as the reverend calls her. Guilt feelings about Bay Sally's death kept her from loving Bridget.
It is a story of suppression, patriarchy, prejudice, perceptions, hopes, dreams and broken promises - Rev Jackdaw se vision of his own Missionary in Omaha, Mae who was traded at eight for a gallon of whiskey with the promise of a new dress, Bridget who lived for the day Mum and Pappy came for her and Effie who dreams of a house and a family.
At first Chief is the only good person around, fighting off his own demons at night. Yet Effie avoids him at all cost with her own prejudice. Effie never really learns to accept kindness, and her heart never really softened up to Bridget, who mostly acted as the adult. Being the main character, the reader keeps on hoping for a bit of character development.
In places Effie's voice become muddled with the narrator's, as if she is just too wise for a girl her age, given her upbringing and social isolation. However, she also was confused enough to be totally incompetent and without any social skills most of the time.
Bridget's brother Rowan told her that her Mum is a Selkie, and that all water, rivers and streams are connected. Clinging to her grandma Teegan's braid and the mythical Nera kept her going, always hoping to be reunited with her mum and her pappy.
Bridget is a clever one, who despite her circumstances, wants to become a doctor. Interesting analogy because she acts as a literary archetype of the child savior, through whom others found their truth and worth, helping them heal their own wounds.
Words and phrases put you right in the era where the story belongs. Neatly done and very convincing.
This is a gripping novel in the historical fiction genre, with truly unforgettable characters.
Hierdie boek het regtig vir my ‘n stukkie leefwêreld van my medelandgenote gewys waarvan ek nog maar skrams gehoor het, maar hierdie skrywer slaag daarin om hulle Moslemfamilie se lewe en gebruike tot binne-in jou huis te bring. Net jammer daardie lekker kosse het nie ook fisiek tot in my kombuis gekom nie, veral as ek honger is soos nou!
Ek ken die skrywer glad nie en haar skryfwerk is verbasend goed. Dit vlot lekker en behou spanning. Vier welverdiende sterre.
Die uittreksel wat in die koerant was ‘n ruk gelede, het my baie laat uitsien na die boek, maar ek is nogal teleurgesteld. Hoofstuk 4 as uittreksel wat my opgewonde laat uitsien het na die boek, is ongelukkig nie verteenwoordigend van die res nie.
Alles in die eerste helfte is so oordramaties, elke aksie oordrewe, elke dingetjie só goed beskryf dat ek wil sê: Ja, ja, ek kry die prentjie, gaan nou maar aan met die storie. Dis net te TE. En spelfoute sommer al in die eerste hoofstuk.
Die storie het ‘n lekker plot, maar daar was te veel tegniese dingetjies wat gelol het. Anna is bekend vir haar verdwynings en verskynings, tog raak almal op hol as hulle haar ‘n dag lank nie in die hande kan kry nie. As dit ‘n riller was, het dit my nooit laat ril of wakkerlê nie. As dit ‘n misdaadroman was, ek het die moordenaar reg vermoed, ek het nooit gewonder nie.
Ek wil kan assosieer op enige manier met die karakters, ek wil hulle kan liefhê of kan haat, kwaad word vir hulle, maar geen enkele karakter het my laat opgewonde voel nie, niks het my emosioneel geraak of laat voel ek wil hulle ken, of soos hulle wees nie. Die manlike karakters is almal so dieselfde, dis asof dit een karakter is met net verskillende name en beroepe. Almal is jags, grillerig en narsisties. Tensy die bedoeling dalk was dat al die mans Die Universele Man verteenwoordig en ek dit nie gesnap het nie? Maar die universele man lyk hopelik nie so nie. As ek dit nie gekoop het nie, het ek ophou lees. Dit was nou nie my koop van die jaar nie. Waaroor die opgewondenheid is van resensente, wil ek graag weet. Dit was ‘n maklike lees, die woordkeuses is plek-plek baie treffend. Mooi sinne, maar wat plek-plek net te veel ingekleur is.
Hierdie is ‘n lieflike verhaal wat seker as magiese realisme beskryf kan word. Ou mites en legendes van wesens uit die see wat eens op ‘n tyd op droë Karoogrond geleef het, waar geen skuit nou meer kan seil nie, word vertel in ‘n kultuur wat só raak beskryf word, dat dit voel of ons Hendrik en sy mense ken.
Ons ruik die seesproei wat saam met die Mamlambo wat nooit ‘n naam gegee word nie, in Hendrik se bad kom lê. Ons hoor haar gesis tussen haar skerp tandjies deur as sy verwoed uitgooi en rondkrap, terwyl sy Rebekkah se geel rok dra. Sy word geleidelik half mens, soos wat die proses vorder wat Hendrik met Sara se hulp, oor die weggaan/dood van Rebekkah kom.
Die leser weet nooit regtig wat gebeur nie, en die skrywer hanteer dit baie goed dat jy eenvoudig wil aanhou lees.
Aanvanklik het die boek my nie vasgegryp nie en het ek dit eers eenkant toe geskuif, want Hendrik se stem het my glad nie oortuig nie. Ek kon geen rede vind waarom sy taalgebruik nie konsekwent in sy eie styl gebruik wiord nie. Ek trek daarvoor ‘n ster af om dit drie te maak, maar gee weer een by omdat min skrywers my aan die gis hou. Dit doen Vandermerwe meesterlik.
Dis nou regtig een van die interessantste lewensverhale wat ek nóg gelees het. Die vyf sterre is nie noodwendig vir taalgebruik en verteltegniek nie, maar vir die verhaal self, wat vreemder klink as fiksie.
Die boek speel af in ‘n sosio-politieke ruimte waarin ek grootgeword het. Dis tragies, dis seer, dis ‘n realiteit. Alhoewel ‘n goeie verhaal, met goeie beskrywings, het dit heeltyd vir my net gevoel asof die skrywer skryf oor iets wat sy op ‘n akademiese vlak ken, maar nie beleef het nie. Die karakters het my net nie oortuig nie, dis asof sy oor karikature van die 1980's skryf. Ek het nooit die gevoel gekry van ja, dit was nét so, of dis mos nou oom so-en-so wat daar optree nie.
Ek kon nie besluit of dit ‘n YA boek is wat nie tot my as middeljarige spreek, en of dit ‘n volwasse roman is wat dalk beter sou werk as YA nie?
Watter skades en skandes gaan agter die geslote deure van die rykes en beroemdes van die miljoenêrs van Stellenbosch? Hierdie boek word op Amazon en Goodreads bemark, gebaseer op ware gebeure, geskryf as fiksie. Wat is die waarheid en wat is fiksie oor die sekslewe van die superrykes? Dit is veronderstel om as fiksie geskryf te word om die onskuldiges te beskerm, maar op een of ander manier twyfel ek daaraan. Mense wat in daardie liga werk, sou oraloor in die koerante wees as dinge was soos in die boek. Was dit net ‘n bemarkingsfoefie?
Eva Mazza het hierdie boek geskryf oor die lewens van ‘n groep vriende. Aanvanklik het dit my regtig verveel en ek het gedink ek sal net ver genoeg lees om my tweester-resensie te motiveer, dit was net te veel “telling” en nie genoeg “showing” nie, met hopeloos te veel uitroeptekens. Die verteller het ook die stem van die karakters aangeneem, byvoorbeeld wanneer hy vertel dat John vir John-John weer in sy broek gesit het. Op een plek was Frankie en Patty omgeruil en elders was Jen weer Patty. So iets versteur my leesritme as ek moet uitreken wie is nou aan die woord.
Ongeveer ‘n derde deur die boek het ek nuuskierig geraak oor wie “doen” wie en waarom. Die skryfwerk self was egter nooit goed genoeg om iets op my Kindle te merk nie. Die tema is bloot rondspyker, wellus en ‘n verneukery.
Halfpad deur het ek drie sterre oorweeg. Die karakters kry hul eie persoonlikhede deur hul optrede, in plaas daarvan dat die skrywer ons vertel wie hulle is.
Die boek het daarna my aandag daar gehou tot aan die einde toe Jen en John uiteindelik kry wat albei verdien. Die karakters het almal stadig ontwikkel, maar na die einde toe spoed opgetel.
‘n Soliede twee, of ‘n swakkerige drie sterre.
Baie lekker gelees aan die eerste derde, daarna was daar net te veel karakters en het dit glad nie my aandag gehou nie.