Ek kon net nie aanklank vind hierby nie. Dis een van daardies, you either love it or you hate it. Jammer, Rudie, ek het probeer vasbyt.
Kan een karakter alles verteenwoordig wat hatig, inhalig en veroordelend is van die swak eienskappe wat voorkom in 'n vorige-geslag-Afrikanerboer?
Die tydsgees waarin die verhaal afspeel, word van die begin af duidelik: dis 'n tyd toe Geloftedag belangrik was, lanferlappies 'n routyd aangedui het en vuurhoutjies van hout gemaak is, dik genoeg om in twee te splits. Dit is ook Peet van Jaarsveld se uiterste inhaligheid wat beklemtoon word deur hierdie obsessiewe rituele om vuurhoutjies in twee te splits, ook kerswasdrupsels wat hy afskraap en bymekaarmaak om weer kerse te maak.
Die hele verhaal speel af oor 'n langnaweek in Desember 1960 en die hoofkarakter se gedagtes en bewegings oor die naweek vorm die kern van die verhaal.
Peet se karakter is een van die aakligste en aanstootlikste hoofkarakters ooit. Anders as byvoorbeeld Buys, waar Willem Anker daarin geslaag het om 'n deernisvolle kant van die ruwe woestaard Buys aan die leser weer te gee, is daar nie een oomblik waar Peet van Jaarsveld die leser begrip gee vir sy gedrag nie. Daar is geen motivering vir sy liefdeloosheid waarmee hy sy vrou en kinders getem het nie. Selfs die omvang van sy liefdeloosheid teenoor homself, hoe hy homself verwaarloos en swak en spaarsaam eet, homself nie vars koffie of warm kos gun nie, is moeilik om te verstaan. Die dra van lanferlappies, die skyn van liefde wat hy voorhou teenoor die gemeenskap en sy kinders, is tekenend van die tyd waarin die verhaal afspeel toe voorgee belangriker was as die realiteit. Die skrywer slaag baie goed daarin om die leser te verplaas na die era van die sestigs, met sy kos wat hy in die safe bêre ('n kas met dubbele sifdraad en gevul met houtskool wat nat gehou word, wat gedien het as koelkas).
Hierdie verhaal sou gesien kon word as 'n bewussynstroomverhaal, sonder dat die hoofkarakter werklik kontak met die realiteit het. Hy leef 'n illusie – dat hy 'n goeie man was, 'n goeie pa vir sy drie kinders, 'n betrokke gemeenskapslid. Dit alles ten spyte van gebeure wat die teendeel bewys. Dis is ook duidelik dat hy sy vrou en kinders mishandel het.
Hierdie boek sou nie gesien kon word as 'n tipiese plaasroman nie, omdat die sentrale gegewe van die roman nie afspeel in 'n normaal-funksionerende familie en gemeenskap nie. Eensaamheid, verval en patriargie vorm die kernelemente van die verhaal. Die skrywer gebruik 'n ontmenslikingstegniek om die oorlede vrou te posisioneer in die rangorde van Peet se denke. Hy dink die heeltyd aan haar as “sy”, sonder om haar naam te noem, asof sy 'n vreemde is. Dit terwyl hy illusies het oor sy oorlede “mammie”, sy eertydse verloofde Deborah en selfs die werker Saar.
Die groter wordende dassiepiskolle wat die plafon verkleur en die huis laat stink vir ander, waar hy self nie die reuk kry nie omdat hy in die huis woon en gewoond is daaraan, is 'n knap metafoor vir die toenemende verval van sy eie lewe en sy denke, sigbaar vir almal, behalwe vir homself.
Was dit 'n genotvolle leeservaring? Nee. Dit was wel boeiend, maar om die verkeerde redes. Ek het die heeltyd tevergeefs gewag vir 'n ontknoping of motivering vir Peet se aanstootlike gedrag, moontlik uit sy kinderjare. Was dit bloot te wyte aan 'n narsistiese persoonlikheid? Die kinders se haat vir hulle pa is duidelik en die leser lei af dat daar meer gebeur het as wat geskryf staan.
Die titel is nommerpas: menslikheid en deernis syfer weg in hierdie boek. Die plaas Botterblom waar sy oorlede vrou grootgeword het, wat die simbool geword het van die onbereikbare, waarvoor hy homself van basiese gerief en kos ontneem het om te spaar om dit te bekom, word op verrassende wyse van hom ontneem. Dit was die enigste klein verrassing in die boek om die leser te beloon omdat hy of sy deur Peet van Jaarsveld se gedagtes gewroeg het. Dit is egter terselfdertyd die afgryslikheid van die karakter wat die leser emosioneel ontstem en juis daarom vir my geslaagd is.
Hierdie resensie verskyn op LitNet
http://www.litnet.co.za/syferfornein-deur-cas-wepener-n-resensie/
Vyf jaar gelede het ek “Kelder” vyf sterre gegee, wat ek net doen met boeke wat ek wil herlees. Na Gerda Taljaard se onlangse “Die Laksman se dogter”, was die tyd ryp om weer Kelder te lees.
Is hierdie ‘n riller, is dit huishoudelike noir? Ongeag die genreboksie waarin dit dalk pas (of nie), het die storie my weer op die krop van my maag getref. Ek het probeer raaklees wat ek dalk die vorige keer gemis het.
Die manier wat Esmerelda se eie lewe as hygverhaalskrywer beïnvloed word deur die storie wat sy verweef rondom die karakter van Sus Niemand, wat haarself ongevraag kom aanmeld en selfs opgedring het, is besonder knap. Haar ingewikkelde verhouding met haar seun, haar seksualiteit en die verhaal van Sus Niemand, werk alles mee dat sy uiteindelik in die kelder van haar eie onbewuste rondgrou en haar eie donker dele konfronteer. Die verhaal word ook deels uit haar seun Benjamin se perspektief vertel, wat bydra tot die uitstekende karakterisering.
Daar was regtig niks wat my gehinder het in die boek nie, behalwe die voorblad het dit nie heeltemal vir my gedoen nie.
Hoewel daar pragtige taalgebruik is, is hierdie nie vir my ‘n onvergeetlike verhaal nie. Dit is ‘n onthutsende soektog na self en die terugkyk na ‘n lewe wat sou kon wees. Eintlik moes kon wees. Dis is ‘n verhaal van onvervuldheid.
What a terrible story. I wish it was only fiction, but unfortunately it is based on the truth, a truth that we knew nothing about in the days when we thought that we had a good, solid government and all policemen were good guys.
Read it, to get perspective on our history. A very disturbing perspective. As the story progressed, it was difficult to distinguish between good and bad. Good guys and baddies were mixed up in so many permutations. Details of a nauseating truth to be confronted with.
“I don't remember everything that was happening around me at the time, but gangster life was intoxicating and irresistible. It's difficult to describe the feeling. It's that jungle culture, the lion syndrome, the Tarzan tag; the invincibility, the lure of living on the edge; having not just one woman but a whole brothel on your tail; the shooting irons, the fast cars and the endless supply of cocaine.”
Christine Barkhuizen-le Roux het reeds as skrywer van Padmaker en Getuie en verskeie kortverhaal- en digbundels haar staal gewys. Met Drieklawerblaar verweef sy die hede en verlede van die verhale van drie eiesoortige karakters. Drieklawerblaar is 'n meesleurende roman oor familie, verhoudings, oor grond, die invloed wat die verlede op 'n mens kan hê, maar veral gaan dit oor onreg.
Die skrywer se begrip van mense dui op rypheid – sy verstaan moederskap, vriendskappe en verhoudings tussen mense. Die verskillende hoofkarakters behou elk sy eie stem.
Die roman is gegrond op ʼn ware verhaal van ʼn man wat sy grond verloor het, soos aan haar vertel deur Abré Marais. Die karakter Abel Marais is dan ook op hom geskoei. Boerdery en dorpsdinge, soos Barrydale kelder se samesmelting met Ladismith kelder, die proteaboerdery ens is baie goed nagevors. Selfs die hongersnood in Ierland, waar die verhaal begin met die weeskind Fanny wat Kaap toe gestuur word met ʼn skip, word lewendig in die leser se verbeelding.
Tinneke se verhouding met Jannes was tekenend van die Blushing brides (ʼn soort protea), wat ʼn groot rol in die boek speel Net soos die Blushing brides se natuurlike vyand vuur is, was dit ook vuur wat uiteindelik vir Jannes verteer het. Op dieselfde manier het dit die klimaat gestel vir nuwe ontkieming.
Iyanla Vanzant se aanhaling som al die temas van die boek in een kort sin op: “Forgiveness is giving up the hope that the past could be any different.” Daar is net soveel waarheid in die karakter Kate se vraag: “Kan jy iets regmaak wat jy nie self verbrou het nie?”
“En die drieklawerblaar. Dis wat Mary op die skip oor en oor vir haar vertel het – dit is hoe sint Patrick verduidelik het van God, en van die Gees, en van dié Een wat hulle Christus noem. Die drie almal één, maar elkeen ook apart.”
‘n Absolute magiese boek. Hierdie is een vir herlees. Die skrywer verstaan ‘n stormhart in ‘n mitiese, maar ook riële wêreld. Die verhaal begin met 'n storm in Afrika en eindig met 'n storm in Ierland, ‘n sirkel voltooid. Die taalgebruik is liries en beeldend, die verhaal word beleef met al jou sintuie. Jy sien die weerlig, jy hoor die storm buite woed, maar dit laat terselfdertyd die storm in jou eie hart bedaar as jy tjoepstil sit en lees totdat jy jou eie hartklop hoor.
Die Boesman-mense se kultuur word slim verweef, maar mens vergeet nooit waar die verhaal afspeel nie.
A story about forgiveness and restitution. It is about the lives of a group of people with different challenges, brought together by a terrible incident that changed the lives of all concerned. They each had their own challenges that they either had to experience or overcome. A number of spiritual concepts woven into the daily lives of people made it a very touching story, without ever given the idea of preaching. We all have seen or known the characters, they are your neighbour, a friend or family member, someone you wish you knew and a few you are glad you have never met.
It is clear that the book is written from a place deep inside a wise soul with a lot of life experience.
It was very clever to have the old woman drawing the scene in the first chapter, to bring the reader right into the action, to set the theme with the criminal in her dream.
This books comes at a very appropriate time. It could give a lot of people food for thought regarding forgiveness and a way forward, after traumatic experiences and to teach us that we are all damaged in a way, but with love and compassion as an example, we are able to change our destination.
A book well written and it kept my attention right to the end. I read it slowly, did not want to miss subtle detail. My only objection would be too many characters who appeared towards the end.
Oor Vlam in die sneeu het ek gesê. Dit is om verskeie redes vir my die boek van die dekade. Dit het baie emosie in my wakker gemaak. Enersyds beny ek Brink en Jonker vir hulle verstommende konneksie, daar is min mense wat die voorreg het om so ‘n sielsmaat te ontmoet, andersyds was ek kwaad. Ek het ook mislei gevoel. Ingrid Jonker is in álles nog altyd uitgebeeld as hierdie emosioneel onstabiele mens. Ek sien niks daarvan nie, inteendeel. Noudat ek die boek meer as 90% klaar het, vind ek Ingrid meer gebalanseerd en volwasse as vir Brink. Die teendeel is altyd aan ons voorgehou.
(On)gelukkig was Petrovna Metelerkamp se Ingrid Jonker - ‘n Biografie baie meer objektief. Waar die briefwisseling tussen Brink en Jonker slegs hulle eie subjektiewe ervarings van hulle leefwêrelde weergegee het, kon ‘n mens nou ‘n baie meer gebalanseerde prentjie kry, uit elke moontlike hoek, uit die oogpunt van vriende, vyande en familie.
Dit was ook vir my bietjie ontgogelend in die sin dat ek enige verromantiseerde weergawes van hulle verhouding wat oorgebly het in my kop, kon laat gaan. Ek is van alle illusies ontneem oor my gunstelingskrywer van baie, baie jare. Hierdie sin uit die boek het my laat koue rillings kry:
“André sê in ‘n brief aan Ingrid hy het by ‘n advokaatvriend raad gevra oor die proses van egskeiding - en betrap homself dat hy (in ‘n roman) iets hieroor sal wil skryf. Hy vra of dit harteloos is as mens jou eie lyding en jou lewe so objektief bekyk dat jy gedurig bewus is van ‘literêre moontlikhede' daarin.”
Brink se reaksie na haar dood, om dit met entoesiasme te koppel aan die einde van Orgie, het my doods laat voel. Ontdaan van al die emosies en bewondering vir beide Brink en Jonker, kan ek uiteindelik nou bloot kyk na hulle skryfwerk en hoe ek daaroor voel. Soos dit hoort, om hoe ek voel oor die persoonlike lewe van die skrywer, van sy kuns te skei.
Ingrid Jonker se lewe was egter soveel meer as net haar verhouding met Brink, en daarin het Petrovna Metelerkamp uitstekend geslaag, om hierdie verhouding in perspektief te plaas binne die groter opset van haar familie en vriendekring.
Om te sê Soetloop is ‘n aangrypende verhaal oor mense aan die Weskus, klink na ‘n cliché, maar dit is ‘n verhaal met ‘n klomp lewensgetroue karakters, elk met sy sterk maar ook swak punte.
Dit is ‘n baie sterk verhaal, dit beklemtoon die verskillende verhoudings in gesinne oor meer as een generasie, stiltes tussen huweliksmaats en onenigheid tussen skoonfamilie. Net soos die realiteit. Die karakters het ‘n menslikheid aan hulle wat ontroer.
Sedert Halfkrone vir die nagmaal, het ek nog elke boek van E Kotze geniet, selfs op Doringbaai gaan draai om te kyk waar haar stories vandaan kom, maar Soetloop is ‘n hoogtepunt.
“'n Stilte volg waarop hulle die vinger nie kan lê nie, maar wat onteenseglik daar is. ‘n Onaantasbare energie soos die suidewind, die gesuis van die see, ‘n laaste asemtog. Die dogters omarm mekaar.
Kattie is nie meer nie. Die boek is toegemaak, die laaste bladsy is gelees.”
Ek onthou presies waar ek was die dag in 1977, toe Robert en Jeanne Smit vermoor is. In Delmas by familie. Sonder dat ek geweet het waarom, het die rooi letters, RAU TEM, wat oor die jare kort-kort in koerante opgeduik het, koue rillings langs my rugggraat laat afloop. Toe was ek jonk, naïef en op 21 die ma van twee babas, wat al my aandag vereis het en die politiek van die dag my verbygegaan het. Tog het ek geweet – daar is meer. My rug ril nie koud vir niks nie.
Nadat ek die boek gelees het, het ek ontredderd gevoel, ontnugter deur die stelsels wat veronderstel was om ons te regeer en te beveilig en is ek so spyt dat Liza nie kan weet wat presies gebeur het nie. Die onsekerheid van alles, die spanning oor dinge in die agtergrond, het my as leser emosioneel geaffekteer. Wat dit aan ‘n jong tiener moes doen wat met die gebeure en wete moes leef en haar jongmenslewe en volwassenheid moes betree, is eintlik onbeskryflik, maar word knap verwoord deur Raquel Lewis. Sy het duidelik baie tyd en moeite spandeer om Liza Smit se binneste en emosies te verstaan.
Die hoofstukke word afgewissel met die WVK-verslag, soos voorgelê deur Liza – dit is knap gedaan, ten spyte van die struikelblokke wat sy moes oorkom en beskryf word in die hoofstukke tussenin, wat die leser meeneem van haar kinderdae, tot die vrou wat sy vandag is.
Hierdie is ‘n blote saamgeflansing van ‘n spul soetsappige clichéagtige stories en brokkies wat almal wat lank met die internet saamkom, ken. Elke sin voel bekend, jy weet jy het dit al ‘n paar maal iewers gelees.
Hierdie was vir my ‘n uitstekende voorbeeld van domestic noir, nog voordat dit as genre beskryf en gewild geword het.
Die boek lees maklik en vinnig, maar het baie diepte en jy lees van die paragrawe oor en oor, die donker kante van mense word so onthutsend eerlik en in gewone taal geskryf, dat dit as sulks nie skok nie.
Ek is jammer dat ek nie die boek op my Kindle gelees het, dat ek die stukke kon merk nie. Helena, nog onder haar ouers se dak, moet tydelik ‘n kamer deel met haar ouma. Almal wat in die 70's grootgeword het, sal die lewe in Pretoria se Moot herken. Helena en haar ouers se lewe is in die tipe huis wat jy as jongmens vermoed het dalk bestaan, waarvan jy gehoor het, maar nooit eerstehands ervaar het nie. Gerda Taljaard bring jou tot binne-in so ‘n huis.
Kortverhale met ‘n wye verskeidenheid temas. As ek twee kortverhale mag uitsonder, sal dit Papie van Martin Steyn wees, en Die geur van patchouli van Santie van der Merwe.
Die twee parallelle stories is baie slim verbind, om die ooreenkomste saam te vleg, die storie wat in die agterkleinseun se lewe herhaal. Die man vlug na ‘n skandaal, die vrou sit hom agterna Pategonië toe. Is Tertius en Alta dalk Basjan en Salomé gereïnkarneer?
Was die vroue ook ‘n metafoor vir die manne se gewete, hulle skaduwee/skadukant waarvan hulle nie kon ontvlug nie? Salomé se verhaal is minder volledig as diévan die ander drie, dis jammer.
Toe ek Patagonië klaar gelees het, het ek gedink dis ‘n wonderlike storie, maar ek het nie een deel in my Kindle gemerk vir besondere woordgebruik nie. Nie dat daar enigsins fout is met die boek nie, maar sekere skrywers se taalgebruik vibreer met my wese en ek vergewe dikwels ‘n swak storie omdat die taalgebruik so mooi is. Hierdie een is (vir my) net ‘n baie goeie storie.
Ek huiwer tussen drie en vier sterre, maar as ek oor iets twyfel, is daar (vir my) altyd ‘n rede. Dus ‘n baie subjektiwe drie.
Hierdie boek het my wind heeltemal uitgeslaan. Die eerste 10%, kon ek nie verstaan waarom almal dit so aanprys nie, al was daar wonderlik poëtiese stukke. Die man het net ‘n manier met woorde. Algaande het die boek my dieper en dieper ingetrek en ek het al hoe stadiger begin lees, te bang dit raak op. Dit raak jou menswees net op soveel vlakke.
Ek gaan eers ‘n paar ligter boeke lees en dan weer die Dao vat. Eers na ‘n tweede en derde lees sal ek my amper bevoeg ag om my mening te gee.
Hierdie was ‘n heerlike lees, ‘n ligte lees sonder vreeslike diep waarhede. Tog is dit nie sonder diepte nie. Dit is ‘n verhaal oor liefde, maar nie ‘n liefdesverhaal nie. Dit is komies, maar nie snaaks nie. Daar is dramatiese gebeure, maar nie absurd nie. (Dal met die uitsonderong waar sy vir haar baas sê: Staan op jou kop en kak in die p***, maar wie van ons het nie al gewens ons kon so iets doen nie?) Die eerste hoofstuk wys jou al, hier kom ‘n ding. Die werklike name en plekke is baie goed ingespan.
Ek hoop Annie Klopper is reeds besig om nog te skryf, sy weet baie duidelik hoe om woorde in te span.
Wat ‘n kragtige boek, waarmee die meeste vroue ouer as 50 (en waarskynlik ‘n hele klomp jonges) sal kan assosieer op een of ander manier.
Die begin was vir my bietjie stadig en ek wou die karakter Nellie teen halfpad steeds bietjie aan haar skouers ruk, maar so lamlendig as wat sy was, so sterk was die ommeswaai.
Nee wat. Die lewe is te kort. Ek het aanhou probeer, afgewissel met ander boeke, maar nee. Ek gee op. Ek whul nie. Dit mag uitstekende literatuur wees, maar dit vibreer
eenvoudig nie op my frekwensie nie.
Hierdie is seker die beste verhaal, geskoei op ‘n ware verhaal wat ek nog gelees het. Dit is bepaald ‘n meesleurende verhaal.
Die eerste verhaal sou vyf sterre kry, maar die tweede een het my helaas glad nie geboei nie, daar was niks waarmee ek kon assosieer nie.