Drieklawerblaar
Drieklawerblaar
Ratings1
Average rating4
We don't have a description for this book yet. You can help out the author by adding a description.
Reviews with the most likes.
Christine Barkhuizen-le Roux het reeds as skrywer van Padmaker en Getuie en verskeie kortverhaal- en digbundels haar staal gewys. Met Drieklawerblaar verweef sy die hede en verlede van die verhale van drie eiesoortige karakters. Drieklawerblaar is 'n meesleurende roman oor familie, verhoudings, oor grond, die invloed wat die verlede op 'n mens kan hê, maar veral gaan dit oor onreg.
Die skrywer se begrip van mense dui op rypheid – sy verstaan moederskap, vriendskappe en verhoudings tussen mense. Die verskillende hoofkarakters behou elk sy eie stem.
Die roman is gegrond op ʼn ware verhaal van ʼn man wat sy grond verloor het, soos aan haar vertel deur Abré Marais. Die karakter Abel Marais is dan ook op hom geskoei. Boerdery en dorpsdinge, soos Barrydale kelder se samesmelting met Ladismith kelder, die proteaboerdery ens is baie goed nagevors. Selfs die hongersnood in Ierland, waar die verhaal begin met die weeskind Fanny wat Kaap toe gestuur word met ʼn skip, word lewendig in die leser se verbeelding.
Tinneke se verhouding met Jannes was tekenend van die Blushing brides (ʼn soort protea), wat ʼn groot rol in die boek speel Net soos die Blushing brides se natuurlike vyand vuur is, was dit ook vuur wat uiteindelik vir Jannes verteer het. Op dieselfde manier het dit die klimaat gestel vir nuwe ontkieming.
Iyanla Vanzant se aanhaling som al die temas van die boek in een kort sin op: “Forgiveness is giving up the hope that the past could be any different.” Daar is net soveel waarheid in die karakter Kate se vraag: “Kan jy iets regmaak wat jy nie self verbrou het nie?”
“En die drieklawerblaar. Dis wat Mary op die skip oor en oor vir haar vertel het – dit is hoe sint Patrick verduidelik het van God, en van die Gees, en van dié Een wat hulle Christus noem. Die drie almal één, maar elkeen ook apart.”