Ratings1
Average rating5
Oorkant jou is gevul met die stories van die uiteenlopende mense wat Juliana Coetzer se pad kruis as psigoterapeut. Deur hul verhale van swaarkry en herstel, neem Juliana die leser op 'n reis wat eintlikons almal s'n is: die pad van grootword en eienaarskap neem. Sy vertel hoe sommige kliënte haar inspireer en uitdaag om haar eie vrese te konfronteer, maar ook watter uitwerking dit op terapeute het om aan die wreedheid van die mensdom blootgestel te word. Daar is die families wat uitmekaargeskeur is as gevolg van seksuele misbruik, die man wat sukkel met sy selfbeeld weens afknouery en ook die prostituut Venicia wat 'n tragiese simbool van verwaarlosing word. Juliana se aardse humorsin maak dat sy egter ook die komiese oomblikke raaksien – totdat die volgende storie oor die menslike toestand jou wind uitslaan.
Reviews with the most likes.
Normaalweg is daar in elke boek sekere gedeeltes of karakters wat my minder beïndruk as ander, dan gebeur dit dat ek daardie dele vluglees. Oorkant jou was die uitsondering, ek het elke paragraaf met aandag gelees en dele herlees, ek het soveel dele op my Kindle gemerk, dat ek net sowel die hele boek kon merk.
Hierdie boek het my op ‘n diep vlak geraak, asof dit ook my groeiproses was, dit was asof universele emosies en gedrag uit ʼn bron van buite geneem is en op ʼn vlak aangespreek is wat in ons almal se onbewuste teenwoordig is. Ek probeer/nog ontleed waarom dit my so geraak het. Vermoedelik het dit te doen met my eie oortuigings, hoe dit inpas met die loop van elke mens se lewenspad en die mense wat saamstap daarop.