Ratings1
Average rating5
Normaalweg is daar in elke boek sekere gedeeltes of karakters wat my minder beïndruk as ander, dan gebeur dit dat ek daardie dele vluglees. Oorkant jou was die uitsondering, ek het elke paragraaf met aandag gelees en dele herlees, ek het soveel dele op my Kindle gemerk, dat ek net sowel die hele boek kon merk.
Hierdie boek het my op ‘n diep vlak geraak, asof dit ook my groeiproses was, dit was asof universele emosies en gedrag uit ʼn bron van buite geneem is en op ʼn vlak aangespreek is wat in ons almal se onbewuste teenwoordig is. Ek probeer/nog ontleed waarom dit my so geraak het. Vermoedelik het dit te doen met my eie oortuigings, hoe dit inpas met die loop van elke mens se lewenspad en die mense wat saamstap daarop.