Zephany
Zephany
Twee ma's. Een dogter. 'n Ongelooflike ware verhaal.
Ratings1
Average rating3
We don't have a description for this book yet. You can help out the author by adding a description.
Reviews with the most likes.
Wat ‘n aangrypende verhaal. Die enkele groot gedagte wat die hele tyd opkom, reg van die begin af tot aan die einde, is dat dit dan nie die storie is wat aan ons vertel is nie.
Algaande word dit duidelik dat dit wat ons van hierdie ware lewensdrama te wete gekom het, net dit is wat die biologiese ouerpaar en skoolkinders aan joernaliste vertel het. As jy die boek lees, sal jy sien dat dit ‘n totaal ander prentjie is wat geskets word deur Miché self, die maatskaplike werkers, onderwysers, die kinderregteprokureur en ander betrokkenes. Deur hulle perspektief skuif Joanne Jowell ‘n tipe legkaart inmekaar, sover dit moontlik is met die beskikbare inligting.
“Miché is wie sy was; Zephany is wie sy kon gewees het.”
Miché Solomon se menswees en volwassenheid kry 5 sterre. So ook pa Michael en ma Lavona wat haar grootgemaak het. Die biologiese ouers, Celeste en Morné Nurse? Net hulle sal seker hulle kant van die saak kan stel, maar dit is nie ‘n mooi prentjie wat vir die leser opgehou word nie. Deurgaans is dit Miché se optrede wat volwasse is, in teensteelling met die van haar sensasiebeluste, onverantwoordelike biologiese ouers. Die hantering van ‘n weerlose skoolkind wat uiters getraumatiseer is en deur joernaliste geteister en agtervolg word, maak mens bitter.
“Maar ongeag wat jy in die lewe deurmaak, jy kan nie altyd die situasie die skuld gee nie – jy het nog steeds 'n keuse om die tipe mens te wees wat jy wil wees. Keuse is iets waaroor ek baie dink. Dis nie dat ek vanselfsprekend die familie sal kies by wie ek grootgeword het nie. Dit gaan nie oor alles wat ek geken het nie. Dit gaan daaroor dat ek my biologiese ouers kanse gegee het en dat hulle my nie hul volle aandag gegee het nie as gevolg van keuses wat hulle in die lewe gemaak het. Ek het hulle lewenstyl aanvaar, maar ek kan my nie daarby aanpas nie. Ek kan basies sê dat toe my ma uit my lewe weggeneem is, ek met net 'n pa agtergelaat is. Dis nie slegsê nie. Dis die waarheid. Ek kan nie jok as dit die enigste waarheid is nie. Ek het ook 'n keuse in dit wat ek sê. Ek kies om die waarheid te vertel.”
Dit voel half onregverdig om sterre toe te ken aan ‘n biografie, dit is immers feite wat bymekaargesit moet word en weergegee moet word. Die skrywer se insig in sielkundige prosesse verdien vermelding, maar die baie herhaling van dieselfde inligting weerhou my van ‘n vier.