Ratings1
Average rating4
Wie is Morné Malan? Dit was my eerste gedagte toe ek die boek sien. Teen die tyd wat ek klaar gelees het, is ek deeglik bewus van die skrywer Morné Malan.
Hierdie boek sluit aan by Die Getuienis van Francois Smith. Beide skrywers skryf oor die karakters se intense religieuse belewinge en hulle noue vverhouding met Vader/Abbatjie halleloe-ja!
Adam, later ook genoem Swerwer, soek vir vier jaar na sy dogter Lea, en vind haar by Ie Lewende Vlees, ‘n kultusgroep aan die Wildekus naby Port St Johns. Is hierdie ‘n boek oor godsdiens? Nee. Kritiek oor godsdiens? Nee. ‘n Satiriese blik op godsdiens? Nee. Dit is bloot die belewing van die karakters van hulle godsdiens, waar hulle ‘n eenvoudige lewe leef, vry van materiële kettings.
Ons lees van uiterste indoktrinasie, in so ‘n mate dat Adam self aan die twyfel raak oor wat aan die gebeur is. Die blye vooruitsig, die dienende Martha en sirkels van waarhede hou die leser se aandag. Dis ‘n lywige lees, en kon bietjie gesnoei word waar antie Mart darem net een keer te veel haar rympie opsê.
Die Bybelse name is goed gekies en die karakters beleef jy asof jy na ‘n fliek kyk. Ek het heeltyd vir Nicole Holm gesien as antie Mart en Clyde Berning as Saul.
Temas is vervreemding, onwaarskynlike vriendskappe, soeke na sin en betekenis. Dis ‘n lekker, anderste lees.
Elke swerwer het sy storie, elke paradys sy slang.