Klaskamer
Klaskamer
Ratings1
Average rating3
We don't have a description for this book yet. You can help out the author by adding a description.
Reviews with the most likes.
Ek is nie regtig seker hoe ek oor hierdie boek voel nie. As die eerste in ‘n beplande trilogie, kan ek verstaan dat dit nie volledig ontplooi het nie. Die einde het gevoel asof daar ‘n bladsy kort.
Dis lekker ontspanning, die romanse is voorspelbaar soos ‘n romanse is, met die twee hoofkarakters wat al die tradisionele eienskappe van die held en heldin het, maar die seks is rof. Die heldin is mooi, slim en hardegat; en die held aantreklik, sterk en ryk wat die heldin veilig laat voel. Of dan, so veilig as wat sy in ‘n BDSM-verhouding kan voel. Die verhouding herinner baie aan Ana en Christian in Fifty shades of gray, die ooreenkoms met die spook in die man se verlede, die ietwat onskuldige vanilla cupcake wat die man wil red van homself.
Self het ek geen ervaring van BDSM-verhoudings nie so dit sou onredelik van my wees om my oor die verloop van so ‘n verhouding uit te laat, maar dis duidelik dat die skrywer ook nie ervaring het van alle aspekte daarvan nie. Andersins sou sy weet om nie Arnica na elke sessie in die warmgeslaande boude in te vryf nie. Die effek van Arnica wat selfs net naby sensitiewe liggamsholtes kom, is waarskynlik erger as die loesings waarvoor Emma so gerededelik gaan lê.
Die skryfstyl is gemaklik, die boek is netjies versorg en dit is lekker vakansieleesstof, veral as jy bietjie avontuurlustig sou voel.
My drie sterre sit presies in die middel.