Ratings1
Average rating4
We don't have a description for this book yet. You can help out the author by adding a description.
Reviews with the most likes.
Daar is hoop! Verlede week het ek ‘n Afrikaanse term gesoek vir resilience. Veerkragtigheid het nie tóé reg geklink nie, maar na een hoofstuk van Ilse Salzwedel se Floreer, besef ek dis inderdaad perfek. Niemand beter as die skrywer self dien as lewende bewys, om ander te help om ook te Floreer deur veerkragtigheid nie. Die boek is netjies, prakties en perfek versorg. Hierdie boek is eietyds, gevolge van die pandemie word aangespreek, die rol van sosiale media en veel meer. Daar is ook praktiese oefeninge.
Hierdie boek is nie net bedoel vir mense wat trauma beleef het nie, maar vir almal van ons wat.moet sin maak van die alledaagse uitdagings van die hedendaagse lewe.