Ratings1
Average rating4
We don't have a description for this book yet. You can help out the author by adding a description.
Reviews with the most likes.
DWARS is ʼn waardevolle toevoeging tot Daniël Lötter se oeuvre van ware, dikwels makabere verhale uit ons geskiedenis. Hy het bekend geword vir sy moordverhale uit die Suid-Afrikaanse misdaadgeskiedenis, asook spookstories.
Vir DWARS moes die skrywer stokou rekords en dokumentasie bestudeer en dit op ʼn sinvolle wyse aan die leser oordra. Daar is ook glansblaaie met foto's ingevoeg. Hoe lyk ʼn gewoontemisdadiger soos Willem Goosen? Soos enige sakeman of politikus van sy tyd. Hoe lyk Marda Vanne, die eertydse vrou van die politikus advokaat Hans Strijdom, wat hom vir ʼn ander vrou gelos het? Soos jou ma.
As jy lus is vir verhale oor legendariese figure uit jou eie, jou ouers en jou grootouers se lewe, is hierdie boek vir jou. Maar wees gewaarsku, jy gaan Daniël Lötter se ander boeke ook wil lees hierna. Sy aanbieding is vermaaklik sonder om laf te wees.
Die waarheid is dalk nie altyd vreemder as fiksie nie, maar dit lewer definitief uiters fassinerende karakters op.