Ratings1
Average rating4
Alles Oor Suid-Afrika is reeds sedert 1992 die mees omvattende naslaanboek vir Suid-Afrikaanse skoliere (en hul ouers!) wanneer hulle op soek is na inligting oor die land. Hierdie uitgawe – met hersiende en opgedateerde inhoud en fotografie – sal beslis sy status behou! Hierdie grootformaat-boek propvol kennis is hoogs visueel met volkleurfoto’s, -kaarte en -illustrasies en die teks is maklik om te lees en te verstaan. Bykomende belangstelling word geprikkel deur brokkies inligting wat in teksboksies en verlengde opskrifte vervat word. Plekke om te besoek word ook aanbeveel en pas by die betrokke tema wat op die dubbelbladsy-uitleg bespreek word. Die teks is opgedeel in afdelings soos Lank, Lank Gelede; Die Mense; Die Kultuur; Die Gemeenskap; Wetenskap en Tegnologie; Die Ekonomie; Die Land; en Die Natuurlewe, wat elke aspek van Suid-Afrika dek.
Reviews with the most likes.
Hierdie boek van Jorgan Harris het my mateloos beïndruk. Dis direk en in maklik verstaanbare taal. As hipnoterapeut kan ek die waarde sien van die proses, ek kon sien presies hoe hy te werk gaan. Daar is ook gratis hipnose clips ingesluit waarna jy kan luister. Jy besef nie eers jy kry grátis terapie nie!
As sielkundige met jare se ervaring, het hy die oorsake van mense se oorgewig geïdentifiseer en werk daarmee. Die proses is op ‘n onbewuste vlak, wat jou dan help om jouself te help. Om deur jou eie pyn veroorsaak deur jou eie omstandighede te werk.
Jou denke word deur hipnose verander wat dan die oorsake van oorgewig aanspreek. Jy werk self deur jou lewenskwessies, en verander só jou denkpatrone en strewe na 'n slank liggaam.
Vir ‘n klein bedraggie om die boek te koop, kry jy baie meer as net leessof!
Kliek hier en word sielvol slank.