Cover 5

Weerlose meganika

Weerlose meganika

Ratings1

Average rating4

15

My eerste reaksie na 10 bladsye van Weerlose meganika was: Wie is Anton Roodt? Hy moet die slimste mens wees wat ek nie ken nie. Dieselfde reaksie wat mens gekry het met Die Dão van Daan van der Walt. Jo! Om hierdie storie te kon uitdink, verg nie net ‘n diepe mensekennis nie, maar ook diepgaande begrip van AI. Om ‘n karakter soos Lympi te kon skep, verg fyn kyk.

Daar is soveel slim sosiale kommentaar ingevleg, dat jy soos in ‘n Woody Allen fliek, op ontoepaslike plekke wil lag. Jy wil heeltyd sê, já, nét so! Mens kan eintlik niks sê sonder om iets weg te gee nie.

Vir my was die boek net te lank, te veel om te verteer sonder dat iets gebeur, maar vir ander kan dit weer die sterk punt van die boek wees.

Die storielyn herinner my baie aan Dine van Zyl se Annerkant die berg, toe daar met groot fanfare aangekondig is dat daar ‘n wynfees gehou gaan word, met grotekste beelde wat wyn spuit en alles fantasmagories. Ook die karakter Poinsettia kon net sowel in Weerlose meganika kom draai het.

September 24, 2020